JOU DAG

Die bedrieglike Mercurius/Pluto-aspekte kan lei tot kompulsiewe denke en intense kommunikasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan effens kinderlik wees en is lief vir pret. Jupiter bevorder tot 10 Oktober gesinsake en huishoudelike projekte; benut dit ten volle.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Probeer vandag oopkop wees, veral by die werk. Jy kan nie beheer wat ander dink en sê nie; moenie tyd mors deur te probeer nie. En probeer jou sterk gevoelens beheer.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Verwag intense kommunikasie terwyl die planete emosionele uitbarstings of magspeletjies veroorsaak. As jy jou emosies en temperament in toom hou, sal dinge goed verloop.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dit is ’n goeie dag om by die kern van ’n tameletjie uit te kom; jy voel lus om probleme op te los. Moet egter nie obsessief wees oor minderwaardige besonderhede nie. Staan terug en probeer die groter prentjie sien.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie vandag oormatig kragdadig en hardkoppig wees terwyl jy met ander gesels nie. As jy te kras is, gaan ’n debat gou in ’n vurige meningsverskil ontaard.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dit is die ideale dag om iets nuuts te leer of ’n nuwe onderwerp in diepte te ondersoek. Jy sal ook waardevolle insig kry in verskuilde motiewe. Gebruik hierdie inligting oordeelkundig.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die kragtige Pluto aktiveer jou obsessief/kompulsiewe sy terwyl jy jou oor alles bekommer en berge van molshope maak. Hoe meer gespanne jy is, hoe moeiliker gaan die dag verloop.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Werk en die gesin is ’n moeilike kombinasie. ’n Familielid frustreer jou met sy hardkoppigheid. Doen dus jou bes om hulle die groter prentjie te wys.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Sterk gevoelens kan opduik. Ander mense druk jou emosionele knoppies en jy oorreageer. Koel af, Skerpioen, anders kan ’n nietigheid ’n obsessie word.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dit is nie ’n goeie dag om die winkels in te vaar nie; jy gaan waarskynlik goed koop na gelang van jou veranderende bui. As jy jou wense van jou behoeftes kan skei, sal jy jou inkopielys aansienlik verkort.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer jy dinge probeer beheer, hoe meer probleme gaan jy vandag ervaar. Kalm kompromie is die slim uitweg, selfs al is dit die laaste ding waarvoor jy lus is.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Obsessiewe gedagtes kan vandag in jou kop ronddraai. Jy gaan dalk ook onrustig slaap, want die kragtige Pluto beïnvloed jou droomsone.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Vriende en kinders gaan ekstra veeleisend wees; moenie dat hulle oor jou loop nie. Probeer ’n regverdige kompromis bereik; dis die beste manier om ’n balans te vind wat teenstrydige behoeftes betref.


Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.