JOU DAG

’n Positiewe ingesteldheid en duidelike kommunikasie is vandag die sleutel tot sukses.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande moet jy avontuurliker wees wat jou toekomsverwagtings betref. Die buiteland roep, so begin so gou moontlik jou reisplanne in orde kry.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Probeer om nie weens ’n vaste roetine in ’n groef te verval nie. Die sterre moedig jou aan om dinge met nuwe mense en inligting nuwe lewe te gee. Jy kan altyd iets nuuts leer.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die dag sal goed afloop as jy die balans tussen jou kop en hart kan herstel, asook dié tussen roetine en spontaneïteit. Dan sal jy presies weet wat jy wanneer moet doen.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is vandag gretig om te kommunikeer terwyl jy op die hoogte kom van die jongste nuus in jou gemeenskap. Weerstaan die versoeking van los praatjies oor ’n vriend, familielid of kollega.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy enige geldprobleme het, moet jy aan maniere dink om meer duidelikheid te skep. ’n Vrygewige familielid kan tot die redding kom van party gelukkige Krewe.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jupiter reis deur jou finansiële sone, wat voordelig is vir jou geldsake. Maar as jy jou nie vandag mooi uitdruk nie, kan persoonlike of professionele misverstande ontstaan.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Kan jy ekstra diplomaties en uiters taktvol wees? Iets is streng vertroulik aan jou meegedeel; maak dus seker jy hou dit vir jouself. As jy twyfel, moenie huiwer om na jou intuïsie te luister nie.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Moenie vandag tyd mors deur jou oor verhoudings te bekommer nie. Dinge behoort glad te verloop en as probleme opduik, sal duidelike kommunikasie jou dit help oorkom.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Groepsaktiwiteite word vandag bevoordeel en jy kan ’n gemaklike vloei van gevoelens tussen jou en jou geliefdes te wagte wees. Daar is egter een voorbehoud: Jy moet die kommunikasielyne oophou.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Om ’n verwarde vriend of kollega te help hou op langtermyn voordeel in – vir hom/haar en vir jou. Dis ook tyd om jou internasionale kontakte proaktief op te soek en enige belowende leidrade na te speur.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Verwag ’n dag wat om familie draai terwyl jy van die huis werk of jou werkplek vroeg verlaat om aan ’n huishoudelike saak aandag te gee. Vandag se sterre sal jou help om take soos ’n ware pro te balanseer.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers kan baie selfgesentreerd wees, maar alles draai nie vandag net om jou nie. Die sterre moedig jou aan om na ander mense uit te reik, veral minderbevoorregtes. Gesinsake word ook beklemtoon.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Wat ’n persoonlike probleem by die werk betref, moet jy probeer keer dat keuses jou oorweldig. Moenie verlore raak in ’n massa verwarrende moontlikhede nie. Hou jou voete plat op die aarde en bly in die werklikheid.