JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel kommunikasie, kreatiwiteit en deernis.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het baie om aan te bied, maar jy kan te lank in ’n privaat fantasiewêreld vertoef. 2016 is die jaar waarin jy projekte moet voltooi, al gaan dit hoe moeilik.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dank die hemel Mercurius beweeg vorentoe; jou kreatiwiteit vlam op en jou natuurlike sjarme wen kollegas se guns. Hoe meer kreatiwiteit jy by die werk aan die dag lê, hoe beter sal die dag verloop.

BUL, 21Apr.-21 Mei

Dit is ’n wonderlike dag om proaktief te wees in jou poging om die romantiese verhouding met jou maat te verbeter of om ’n kreatiewe projek aan te pak. ’n Paar sentimentele – en dapper – Bulle gaan weer ’n ou liefde opsoek.

TWEELING, 22 May-21 Jun.

Die maan skyn vandag helder op verhoudings met familie en vriende. Konsentreer op die eendersheid van dit wat julle deel, terwyl jy hul sterk punte vier en hul drome aanmoedig.

KREEF, 22 Jun.–23 Jul.

Jy kan nie liefde en passie vermy nie, want die son, Mercurius en Pluto stimuleer jou verhoudingsones. Liefde met ’n aantreklike kollega, klant of kliënt is ’n moontlikheid vir sommige enkellopende Krewe.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Verfraai jou huis of werkomgewing en geniet ’n bietjie pret, want Venus verhelder sjarme, genietinge – en liefde! As jy ’n alleenloper is, kan jy dalk aangetrokke voel tot ’n professionele kollega.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Spaarsame Maagde se geldsake is gewoonlik goed georganiseer en dit is reg so, want daar mag onverwagte uitgawes opduik. As jy nie slim beplan het nie, kan jy dalk ’n tekort ervaar.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-24 Okt.

Jy kan ’n opwelling in kreatiwiteit verwag wanneer positiewe aspekte rakende die planete jou vrugbare verbeelding laat vlam vat. Wat ’n intieme verhouding betref, gebruik jou intuïsie om uit te werk wat werklik aangaan.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Geniet dit om vandag jou idees en gevoelens met ekstra passie oor te dra. Maar jy sal buitengewoon verdraagsaam moet wees ten opsigte van ander mense se mening. As jy hulle uitdaag, kan sake interessant raak!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Boogskutter, jy is vandag in ’n vrygewige bui, aangesien jy ’n spesiale emosionele band met iemand besonders deel. As jy besig is met werk, sal jy baie goed voel oor ’n huidige projek.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is meer intens as gewoonlik; dus moet die wêreld lig loop! Steenbokke in verhoudings moet poog om superromanties te wees met hul maat. Alleenlopers, soek liefde by ’n teerhartige Bul of by ’n Kreef wat omgee.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Hoe meer energie en geesdrif jy aan finansiële vennootskappe en sakegeleenthede bestee, hoe meer sukses sal jy behaal. Maar jy moet jou huiswerk doen en besonderhede eers versigtig nagaan.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die huidige patrone van die planete verhelder jou kreatiewe en spirituele sy, maar hulle beklemtoon ook jou neiging om feit en fantasie te meng; dus moet jy probeer om jou voete op die grond te hou.