Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

As jy hard werk, gaan jy die dag verbasend tevrede afsluit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is magneties en kragtig en moet baie tyd alleen deurbring. In 2017 moet jy in verhoudings minder oorheersend en besitlik wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

’n Passievolle benadering sorg dat vele energieke Ramme by die werk vooruitspring. As jy na werk soek, doen jou huiswerk en volhard. Moet mense egter nie die skrik op die lyf jaag deur te erg op hulle af te kom nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

’n Intieme verhouding gaan vandag intens raak terwyl die son en Mercurius in jou vriendskapsone by mekaar aansluit. Moenie al die praatwerk self doen nie. Wees liewer oplettend en luister fyn na wat die ander te sê het.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Het jy jouself die afgelope tyd afgeskeep? Die huidige planetêre patrone herinner jou daaraan om proaktief te wees wat gesondheid en fiksheid betref terwyl jy nalees oor gesonde kos en gereelde oefening.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Interaksies met ’n kind, ouer of vriend/in behoort interessant te wees, aangesien julle heelwat by mekaar kan leer. Die maan moedig jou aan om nog van jou tyd en talente aan jou gemeenskap te wy.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Gesinslede gaan fyn ontleed wat jy sê en doen, iets wat jou heel goed pas. Jy gee nie om of ander hande klap of kritiseer nie. Solank jy net raakgesien word, is jy gelukkig.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy is vandag onder die positiewe invloed van die son en Mercurius en ekstra oplettend en paraat. Dit is dus ’n briljante tyd om deur papierwerk en navorsingsprojekte te stoomroller en rafelpunte af te knip.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Sommige Weegskale verkies om ’n potensiële maat op ’n subtiele, onder-die-radar-manier aan te trek. Met Uranus wat egter nog deur jou verhoudingsone haas, is dit tyd om meer proaktief te wees. En heelwat avontuurliker!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Baie slim Skerpioene het ’n goeie sakebrein. Vandag se sterre is baie positief vir die begin van ’n kommersiële projek, om jou finansiële portefeulje te verbeter of om nuwe strategië vir sukses te bestudeer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is in ’n supervrygewige bui, maar moenie meer beloof as wat jy kan lewer nie. Praat beteken niks! Maak seker jy kan sake enduit volhou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

As jy by die werk vinnig tot die slotsom kom of aannames maak, kan jy jou gou in ’n ingewikkelde penarie bevind. Neem dus jou tyd om die feite na te gaan voor jy enige groot skuiwe maak.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Wat ’n werk- of opvoedingskwessie betref, is slim kommunikasie tans die sleutel tot sukses. Gesels en debatteer met kollegas, onderwysers en vriende.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Maak seker jy sit skouer aan die wiel met jou deel van die werk, anders gaan ander mense hul griewe lug. Buitemuurse aktiwiteite roep vandag, maar jy het so baie om te doen dat dit moeilik gaan wees om weg te glip.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2016