JOU DAG

Vandag se planetêre patrone bevoordeel passievolle proaktiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy gedy op besluitneming. Moet net nie ongeduldig wees en ander mense vir oponthoude blameer nie. Die enigste persoon wat jou van toekomstige sukses weerhou, is jyself.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Jy is ’n heethoofdige Ram wat net wil voortstorm met jou planne. As jy te ongeduldig is, kan jy ten einde laaste koppe stamp met diegene om jou. Probeer liewer ander mense met jou onverskrokke idees inspireer.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

As jy ’n buigbare Bul is en onbevooroordeeld bly, gaan die dag die beste werk, want dinge gaan nie volgens vooropgestelde planne verloop nie. Hou dus jou aanleg vir aanpasbaarheid goed geolie!

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Vandag se sterre pas mooi in by die sosiale media, asook by netwerkvorming met vriende, familie, kollegas en eendersdenkende mense in jou gemeenskap. Jy beskik oor baie talente en kan ’n groot bydrae lewer.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

’n Kreef is gewoonlik goedhartig en meelewend. Hulle kan egter ook krenterig, dikmond en baasspelerig wees – veral by die huis. Jy moet vandag proaktief wees ten opsigte van iets wat jou laat goed voel oor jouself.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Die son en Mars verbind vandag in die Leeu en dit gee jou natuurlike kat-sjarme en tintelende lewenslus ’n hupstootjie. Doen dus jou uiterste bes om innemend vermaaklik te wees, eerder as baasspelerig en rumoerig.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Minder dink en meer doen is tans nodig, Maagd. Dis goed en wel om voor- en nadele in jou gedagtes op te weeg, maar daar kom ’n tyd wanneer jy moet optree. Vandag is een van daardie dae!

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Dit is ’n wonderlike dag om met ander mense in verbinding te tree, aangesien die son en Mars jou netwerksone aktiveer. Poog dus om met soveel mense as moontlik te kommunikeer en ’n wye reeks onderwerpe te dek.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Jy verberg gewoonlik jou ware gevoelens omdat jy bang is om te veel van jouself bloot te lê. Vandag is die regte tyd om openlik en reguit te wees terwyl jy die ding sê presies soos hy is – veral wat werk of sake-aangeleenthede betref.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Vandag se sterre bevoordeel spontaniteit en dit pas jou haastige Boogskutterstyl. Moet dit net nie oordoen nie. As jy oorhaastig is, kan jy iets uitblaker wat jou later mag berou!

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Steenbokke is gewoonlik ongelooflik diskreet, maar iemand kan jou verlei om inligting te deel wat privaat gehou behoort te word. Weerstaan met ’n glimlag die drang om geheime en ook ongegronde skinderpraatjies uit te lap.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb. 

Jy kan ’n vertrek verlig met jou kwiksilwerenergie en avontuurlike Waterdraer-geaardheid. Vandag is die perfekte tyd om jou entoesiasme na vennootskapsprojekte of opwindende ondernemings te herlei.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Poog vandag om die balans tussen persoonlike verpligtings en professionele verantwoordelikhede reg te kry, Visse. ’n Kitsbesluit rakende werk of gesondheid kan verbasend goed afloop.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.