JOU DAG

Probeer ’n balans vind tussen om idealisties en realisties te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet besig bly en kan baie obsessief oor sekere mense en kwessies raak. In 2016 moet jy ’n balans tussen alleenaktiwiteite aan die een kant en gesins- of groepaktiwiteite aan die ander kant vind.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy voel vandag dalk kwesbaar, maar moenie sake vererger deur buierig te wees en magspeletjies te speel nie. Hou sake eenvoudig en vat dit stadig.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Wees versigtig en konserwatief wat gesamentlike ondernemings betref. Bespreek sake met verskeie kundiges voor jy ’n besluit neem en ’n dokument onderteken.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Daar kan verwarring tussen verhoudingsverantwoordelikhede en werkskwessies wees. Maak dus seker daar is vaste grense tussen persoonlike en professionele sake.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan spanning tussen persoonlike, professionele en verhoudingsverantwoordelikhede verwag. Dit sal nie help om jou sienings op ander af te dwing nie. Koel kompromieë is die sleutel.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

’n Gebrek aan fokus, rigting en onderskeiding sal jou verwar en stadig maak. Die Leeu vertrou graag, maar moenie toelaat dat ’n kennis jou om die bos lei sodat jy in die moeilikheid beland nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

’n Naby verhouding met ’n geliefde word vandag baie verwarrend en nie een van julle is seker waar julle met mekaar staan nie. Jy sal prakties en deernisvol moet wees om sake te beredder.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Vandag sal vir baie Weegskale spanningsvol wees omdat die ingewikkelde ligging van die planete jou gewoonlik diplomatiese aanslag verminder. Dit is onmoontlik om almal om jou tevrede te stel – moet dus nie eens probeer nie!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Geldsake lyk vandag ingewikkeld met ekstra uitgawes wat opduik of krake wat in ’n geldvennootskap begin wys. Vra iemand professioneel om dit op te los as jy nie kan nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Saturnus, wat deur jou teken beweeg, se ligging met Neptunus kan sorg vir ’n dag vol ontstellende onsekerheid. Hoe minder verantwoordelik en georganiseerd jy is, hoe meer verwarrend sal die dag wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Saturnus, jou heersende planeet, se ligging met Neptunus laat jou voel of jy die wêreld se sorge dra. Moenie so depressief voel nie, sake sal môre heelwat beter lyk.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met voorspoedige Jupiter en vae Neptunus in jou geldsone wissel jou geldsake tussen wonderlik en treurig. Sit geld weg sodat dit jou deur ’n moeilike tyd kan help.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is lus om die heeldag te dagdroom en sal nie veel uitrig nie. Jy wil jou in jou eie wêreld terugtrek, maar maak seker jy kan tussen feit en fantasie onderskei.