Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag kan dit voel of jy in ’n tydkapsule vasgevang is.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander respekteer jou sterk morele kant. Moenie vanjaar oorhaastig wees as jy besluite neem nie, veral waar intieme verhoudings betrokke is.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Baie Ramme voel taamlik rusteloos. Met die planetêre patrone soos dit nou is, gaan dit voel of jy een tree vorentoe en twee treë terug gee. Jy sal jou enjin maar moet laat luier en ekstra geduld aan die dag lê.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

’n Intieme vriendskap kan vandag tot frustrasie lei terwyl jy iemand probeer oorreed om iets te doen. Hoe hardkoppiger jy raak, hoe moeiliker gaan die dag verloop.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Het jy tuis in ’n groef vasgeval? Jupiter en Saturnus druk jou om die huis ’n bietjie op te vrolik. Maak skoon en netjies, herrangskik, herversier en werk die feng shui uit. Enige verandering sal goed wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy is vandag gretig om jou idees te deel, maar in werklikheid moet jy versigtig wees met wat jy sê, skryf of aanstuur. Sommige mense is nie gereed om te hoor wat jy te sê het nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Geldsake lyk ingewikkeld en jy sal gou agterkom vriende en geld meng besonder moeilik. Wat ’n kind of tiener betref, moet jy nie meer belowe as wat jy met gemak kan lewer nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wees versigtig en nougeset oor hoe jy vandag kommunikeer. Verduidelik wat jy bedoel, anders gaan ander mense jou opmerkings as onnodige en onregverdige kritiek beskou.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die ernstige Saturnus belemmer kommunikasie terwyl jy emosioneel ietwat verwyder voel van ’n geliefde. As jy geduldig en begrypend is, sal dinge mettertyd regkom.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Ervaar jy slapelose nagte oor geld? Saturnus leer jou om slimmer met jou geld te werk terwyl jy op langtermynbehoeftes fokus, eerder as korttermynvergrype.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie baasspelerig wees en dink jy ken al die antwoorde nie. As jy ontvanklik is vir opwindende nuwe inligting en onverwagte ervarings, sal jy iets van durende waarde leer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moeilike Jupiter/Saturnus-aspekte laat jou nou selfs meer soos die sake-soort lyk as gewoonlik en dit kan ander mense onkant betrap. As jy te onafhanklik is, gaan ander mense nie daar wees as jy hulp soek nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is gretig om aan jou daaglikse roetine te ontsnap deur te dagdroom, lees, fliek of mediteer. Moenie jou ernstige verantwoordelikhede in die proses verwaarloos nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Om tot diens van familie, vriende of kollegas te wees, versterk jou gevoel van eiewaarde. Jy sal sien hoe meer gedissiplineerd jy is, hoe beter sal dit word.