JOU DAG

Vannag se nuwemaan wys dit is tyd om ’n nuwe blaadjie om te slaan en weer heel voor te begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie aanpasbaar en bereid om te wag vir sukses. Oktober en November is die beste maande om verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Jy hou daarvan om ’n leier te wees, maar moenie ’n baasspelerige Ram wees nie! Die nuwemaan moedig jou aan om vars nuwe maniere te kry om ander mense te ontmoet en saam te werk – in jou plaaslike buurt, sowel as aanlyn.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Die nuwemaan verlig jou geldsone. Doen dus voorraadopname van jou huidige finansiële situasie en kry briljante nuwe maniere om jou kontantvloei te verhoog. Vermy dit om besitlik oor geld en/of besittings te wees.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Met die nuwemaan in die Tweeling, is dit die beste tyd van die jaar om jou fisieke voorkoms te verfris; jou klerekas reg te ruk; jou persoonlike standpunte te hersien; ’n webtuiste te skep of ’n wankelende verhouding op te knap.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Jy is gretig om in jou snoesige Kreef-grot terug te kruip terwyl die nuwemaan deur jou oorpeinsingsone beweeg. Weerstaan die versoeking om emosioneel manipulerend teenoor ’n geliefde te wees.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Leeus praat graag oor hul grootse doelwitte en skouspelagtige planne. Dit is nou tyd om daad by die woord te voeg terwyl jy jou planne in produktiewe aksies omsit. Moenie net daaroor droom nie – spring in en doen dit.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Maagde is slim en vermoënd, maar is jy selfversekerd genoeg vir sukses op groot skaal? Die nuwemaan vuur jou beroepsone aan, maar jy sal nie vooruitgaan as jy tyd mors met bekommernisse oor onbenullighede nie.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Die nuwemaan aktiveer jou reissone, en ’n hemelse vakansie iewers binne die volgende 12 maande is ’n moontlikheid. ’n Intieme verhouding kan superintens raak wanneer een van julle besitlik of jaloers raak.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Wellus en buitmakery tree op die voorgrond terwyl jy werk maak van kwessies wat intimiteit of gesamentlike finansies betref. Vermy die gebruik van ondermynende taktiek om beheer uit te oefen oor ’n geliefde. Jy is groter en beter as dit, Skerpioen.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Boogskutters in verhoudings, die nuwemaan stimuleer jou verhoudingsone; dus is dit tyd om ’n bietjie rooiwarm knettering by ’n vaal verhouding te voeg. Enkellopendes, liefde en vreemde lande of kulture is met mekaar gekoppel.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Moenie so op die toekoms fokus dat jy die hede uit die oog verloor nie. Enkellopendes, die sterre dui op die potensiaal vir ’n langtermynverhouding met ’n goed opgevoede en veelberese persoon.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb.

Dit is ’n goeie dag om brûe te bou met ’n kind of tiener, ’n nuwe vriendskap aan te knoop of met ’n stokperdjie te begin waarin jy nog altyd belanggestel het. Vermy dit om by ’n aanlyn drama betrokke te raak.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Die nuwemaan plaas jou huishoudelike sone in die kollig, wat dit ’n uitstekende tyd maak om familie en vriende tuis met ’n geïmproviseerde Vis-ete te vermaak. Vrolike geselskap is ’n genotvolle bonus.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.