Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die sterre plaas ernstige denke en belangrike sake in die kollig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n rebelse streep. In 2016 moet jy idealisme balanseer met heelwat harde werk. Met passie en deursettingsvermoë kan jy uitdagings in oorwinnings verander.

RAM 21 Mrt.-20Apr.

Jou doelwitte lyk dalk onbereikbaar, maar moenie mismoedig raak nie. Met deeglike beplanning en deursettingsvermoë kan jy jou drome bewaarheid, maar jy moet langtermyntoewyding toepas.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy moet dalk ’n ernstige saak met ’n geliefde of kollega bespreek. As jy ’n vakansie beplan, doen al die navorsing en vergelyk pryse voor jy bespreek.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Very kortpaaie. ’n Opdonshouding gaan net beteken jy moet dinge oordoen. Met ’n meer metodiese benadering kan jy meer take baasraak en steeds tyd hê vir speel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die sterre is ten gunste daarvan dat jy aandag gee aan roetinetakies, alhoewel dit die laaste ding is waarvoor jy lus is. Verwag maar ? bietjie emosionele verwarring terwyl jy dit uitsorteer wat werklik in ’n verhouding aangaan.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Ambisieuse Katte is dikwels vasgevang in hul werk en finansiële sake. Maar vandag is net die dag om die ander skatte in jou lewe te waardeer – soos familie, vriende, troeteldiere en gunstelingstokperdjies.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jou Maagdelike kragte om waar te neem en aandag te skenk aan detail word vandag versterk terwyl Mercurius en Saturnus jou wispelturige gedagtes fyn instel. Navorsing, studie en finansiële sake word dus almal bevoordeel.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Dis nie ’n goeie dag vir ligsinnige opmerkings en oppervlakkige praatjies nie. Die sterre bevoordeel die bespreking van ernstige sake met familie en vriende, terwyl jy probeer om ? paar praktiese oplossings te vind.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Wat ’n finansiële probleem of familiesaak betref, maak seker jy het ’n soliede, strategiese plan. As jy op ’n logiese en geduldige wyse daardeur werk, is sukses jou voorland.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Opdonsbenadering gaan nie vandag werk nie. Die sterre bevoordeel fokus op detail en noukeurige navorsing – dinge wat nou nie eintlik jou natuurlike sterk punte is nie. Doen dus jou bes om te konsentreer.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie vandag alles op sigwaarde aanvaar nie. Doen navorsing voor jy iets koop. En as iemand iets omstrede aan jou vertel, gebruik jou tyd om dit te bevestig.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Mercurius en Venus wat albei jou teken besoek, straal jy tans hewige charisma uit terwyl jou magnetiese sjarme ander na jou Waterdraer-invloedsirkel lok.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Met die ernstige Saturnus in jou beroepsone sal jy sukses behaal wat jou werk, opleiding of vrywillige werk betref – as jy minder dagdroom en meer fokus. Daar is geen plaasvervanger vir harde werk nie.