Hier is wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Mense gaan hul emosies terughou, maar dit beteken nie hulle gee nie om nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vir ’n Maagd is jy baie ekstrovert. Die komende jaar is die tyd om die balans te vind tussen ander se goedkeuring kry en om te leer om jouself werklik te waardeer.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Wees versigtig hoe jy met ander kommunikeer. As jy te sakegeoriënteerd is, kan hulle aanstoot neem. Jy het werk om te doen en projekte om klaar te maak, maar moenie die persoonlike stempel afskeep nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis tyd om dinge uit te praat met ’n getroue kollega of intieme vriend. Wat ’n sensitiewe finansiële saak betref, moet jy die versoeking weerstaan om ’n familielid aan te hits of ’n gesagsfiguur die harnas in te jaag.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Moenie dat ’n traak-my-nie-agtige houding jou pootjie nie, Tweeling. Jy het ambisieuse planne en voornemens, maar dit gaan net slaag as jy ander mense aan jou kant kan kry. ’n Sorgelose houding gaan jou nêrens bring nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dit voel of jy vandag in alle rigtings getrek word; persoonlike, werk- of verhoudings-verantwoordelikhede verg ekstra tyd en aandag. Dis ’n emosionele wipplank, so pas aan.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy wil besluite neem, maar daar is ’n groot verskil tussen leiding neem en net eenvoudig baasspelerig wees. Dominerende optrede gaan lei tot dramas, so trek maar die baadjie van nederigheid aan.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Met vier planete in jou teken is daar ’n neiging om ekstra krities oor jouself en ander mense te wees. Maar eerder as foute soek, is dit tyd om jou gedagtes te laat gaan en na langtermynoplossings te soek.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Kommunikasie en kreatiwiteit is vandag in die kollig met jou intuïsie wat inskop en jy wat ander mense se gevoelens en gemoedere raaksien. Trap egter versigtig naby ’n weerspannige familielid of buurman.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Geldsake is tans in jou gedagtes aangesien Mars en Saturnus jou geldsone aanwakker. As jy verkwistend en spandabel optree, gaan jy later die prys daarvoor betaal.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die fokus is op jou werk of jou reputasie in jou invloedsirkel. Familielede en kollegas het heelwat beweegruimte nodig. Niemand wil vandag vasgekeer voel nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die druk tuis of by die werk is aan die opbou en dit voel of alles nou dadelik moet klaarkom. As jy gedissiplineerd en aanpasbaar is, gaan jy probleme sonder groot dramas kan oplos.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers het gewoonlik baie avontuurlike drome en voorloperplanne. Maak egter seker jy het ook die dissipline en vasberadenheid om daardie planne te verwesenlik.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Buigbare Visse – moenie meegevoer raak met wilde verbeeldings wat geen werklikheidsgrondslag het nie. Die sleutel om ’n intieme verhouding op koers te hou is om duidelik te kommunikeer en dinge realisties te hou.