Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Die maan in die Waterdraer-teken skep gunstige omstandighede om op nuwe, onverwagte maniere met ander ’n konneksie te hê.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die mag om ander te beïnvloed. Gebruik dit dus positief. Met energie, entoesiasme en baie geduld kan jy jou drome in die volgende jaar bewaarheid.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Is jy verveeld met hoe sake nou is? Die maan is in die Waterdraerteken en dit stimuleer jou rustelose kant. Dit is tyd om jou in opwindende nuwe rigtings – fisiek, verstandelik en geestelik – te begewe.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy kan in ’n groef verval. Die Waterdraer-maan moedig jou aan om jou horisonne te verbreed, nuwe, vars idees uit te voer en ander sienings aan te neem – veral oor werk.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy voel vandag fisiek en geestelik rusteloos. Probeer dus ’n bietjie uitkom. Doen dinge wat jou brein en liggaam oefening gee. Ondersoek nuwe idees, vars vriendskappe en onbekende plekke.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dis ’n wonderlike tyd om iets nuuts met jou maat te deel. Vir enkellopendes is daar ’n verband tussen liefde en geld. Soek ’n moontlike maat wat geldsake goed kan bestuur.

LEEU 24 Jul.-23 Aug

Jy is in die bui om jou te onderwerp en te werk, maar moenie jou geliefdes in die proses afskeep nie. As jy op ’n kreatiewe manier meer as een taak op dieselfde tyd aanpak, sal jy vind daar is genoeg tyd vir albei.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Probeer om nie in jou gewone roetine vas te val nie. Dis tyd om jou skedule op te vrolik met spesiale konneksies terwyl jy saam met familie, vriende en kennisse kuier en met hulle gesels.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Onopgeloste probleme uit die verlede kan terugkeer en jou toets. Moenie aarsel nie. Verbind jou daartoe om die probleme eens en vir altyd op te los. Dan kan jy op ’n skoon bladsy begin en vorentoe kyk.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die fokus is op geldsake. As jy positief, proaktief en produktief is en goeie professionele raad kry, sal jy ’n gemaklike neseier vir die toekoms skep.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met die son en Jupiter in jou sone vir werk en reputasie kan jy jouself gelukwens met hoe ver jy gevorder het. Maar die taakgewer Saturnus moedig jou aan om skouer aan die wiel te sit en aan te hou werk.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die son en Saturnus skep vir jou die geleentheid om jou moue op te rol en vinnig deur projekte te kom. As jy produktief en proaktief is, sal jou dag bevredigend wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is maklik verveeld en het nie die geduld vir vervelige mense of lang verduidelikings nie. Probeer om jou taktvol uit sulke situasies los te wikkel.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Pluto beweeg deur jou sone vir hoop en wense. Probeer met passie proaktief oor jou doelwitte en drome wees. Streef daarna om mense te inspireer wat soos jy dink.