JOU DAG

Die Jupiter/Pluto-reghoek gaan vandag effense wrywing veroorsaak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n lojale en begeesterde mens. In 2017 moet jy die balans tussen passievolle entoesiasme en kragtige produktiwiteit regkry.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Die kragtige Jupiter/Pluto-kwadraat verhoog jou behoefte aan mag en sukses in die wêreld daar buite. Moet dit net nie oordoen deur gesagsfigure of geliefdes eenkant toe te skuif nie.

BUL, 21 Apr – Mei

Klou jy hardkoppig aan ou denkwyses vas asof jy op stuuroutomaat is? Dit is tyd om jou vooroordele opsy te skuif en jou beginsels in ’n volwasse en filosofiese nuwe lig te ondersoek.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Probeer jy ’n morsige situasie oplos? Jy kan weerstand van ander mense verwag – veral van ’n kind, vennoot of vriend/in. Kortpaaie gaan nie werk nie. Doen dinge op jou tyd en deurdink alles behoorlik.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Wat ’n sensitiewe verhoudingsprobleem betref, geld dié reël: Hoe meer jy ander mense probeer beheer, hoe meer gaan hulle na jou hap. Kyk dus lank en deeglik na jou motiewe. Is jy nie dalk op die verkeerde spoor nie?

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Selfverheffing, trots en te eiewaan kom dikwels tot ’n val, veral as Jupiter haaks met Pluto gaan lê. Julle moet dus vandag hard oefen om nederig te wees, Katte, anders gaan julle jul rieme styfloop!

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Jupiter en Pluto plaas vandag geldsake of sake te doen met selfrespek onder die mikroskoop. Jy glo dalk jy is besig om die situasie te verbeter, maar die mense om jou stem dalk nie met jou metodes saam nie.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Het jou perfeksionistiese streep buite beheer geraak? Hoe meer jy probeer om alles perfek te maak, hoe meer teenkanting gaan jy van ander mense ontlok. Fokus op die proses eerder as op die uitslag.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Wees versigtig met alle kommunikasie vandag, Skerpioen, veral in die sosiale media. Anders kan jy ’n baie negatiewe reaksie by verborge vyande of bekende “vryande” ontlok.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Jy kan dalk meegevoer raak onder die invloed van die Jupiter/Pluto-kwadraat. Die neiging is dus daar om die maan te belowe en dan te min te lewer – of om jou begroting met ’n spontane koopgier te kelder.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Pasop dat die Jupiter/Pluto-kwadraat nie jou Steenbok-beheervraatsigheid aanblaas nie. Ondersoek jou motiewe deeglik. En onthou – die enigste persoon oor wie jy beheer kan uitoefen, is jouself!

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Doen vandag alles volgens die reël, Waterdraer! Die huidige Jupiter/Pluto-kwadraat kan ’n huidige wetlike situasie vererger – of in die toekoms tot een lei. Maak dus seker jy bly aan die regte kant van die wet.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

As jy ander mense probeer help – persoonlik of aanlyn – maak eers seker hulle het wel jou hulp nodig voor jy begin. Anders kan jy ten einde laaste die rol van martelaar speel in ’n ietwat morsige situasie.

© Joanne Madeline Moore