JOU DAG

Gesprekvoering, samewerking en oorlegpleging sal vandag gunstig wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n positiewe geaardheid, wat ander mense na jou aantrek. Leer om te ontspan en hou jou sterk emosies onder beheer. Hoe meer gespanne jy is, hoe moeiliker gaan die jaar wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag se sterre jaag jou geesdrif en spontaniteit nog meer as gewoonlik op. Soek positiewe maniere om jou oortollige energie in ander kanale te stuur, veral deur middel van opleiding, studie, sosiale media, reis of sport.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy het baie om oor na te dink en het moontlik ’n bietjie gehaltetyd in afsondering nodig om al die inligting te verwerk wat jou kant toe kom. Ná sielvolle oordenking sal jy weet wat jou volgende stap moet wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Streef daarna om intieme vriendskappe te voed en geliefdes emosioneel te steun. Jy is in die luim om met ander mense te kommunikeer. Kreatiewe idees kom na vore, veral in ’n groeps- of gemeenskapsomgewing.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Alle oë is vandag op jou gerig – die son en Mercurius is gunstig vir jou openbare beeld. As jy iets wil hê, moet jy dit aan die wêreld verkondig. Geen wegkruip meer nie; dis tyd om selfversekerd en doelgerig te wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die fokus is op jou reissone; begin solank ’n opwindende wegbreek beplan. Probeer jou bes om nuwe ambisies uit te dink, skryf dit neer en bespreek dit met jou geliefdes.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy sien vandag foute in ander mense se werk raak, maar dit is jy wat moet besluit of jy dit onder hul aandag wil bring. Fokus eerder op jou eie planne en projekte.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Sê vandag wat jy dink en laat ander weet hoe jy voel. Bespreek jou toekomsplanne met ’n familielid wat jy vertrou. Hulle is gretig om jou te steun, watter rigting jy ook al wil inslaan.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat ’n werkprojek betref, gaan dit tyd en moeite verg om jou kennis uit te brei. Hoe meer proaktief jy is, hoe meer sukses sal jy behaal.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy word aangemoedig om jou so kreatief moontlik uit te druk. Of jy nou skryf, skets, verf, toneelspeel, foto’s neem, musiek maak of sing; dis tyd om uiting te gee aan die muse binne-in jou.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is in die luim om gesinslede te motiveer en te inspireer en dra jou gevoelens met geesdrif oor. Maak doodseker hulle weet presies waarvan jy praat.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Probeer om vandag soveel moontlik inligting en wysheid van ’n mentor te kry. As ’n intieme vriend of kollega jou vir ’n avontuur nooi, moet jy nie huiwer om die uitnodiging te aanvaar nie.

VISSE, 20 Feb-20 Mrt.

Venus dartel tot 5 April deur jou teken – jou charisma kan nie geïgnoreer word nie. Dit is die ideale tyd om jou op skoonheidsterapie en die vertroeteling van jou liggaam te trakteer. Roep ’n paar ou gunste op.