aries-hg-w

JOU DAG

Streef daarna om die balans tussen verantwoordelikheid en vermaak te behou.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is nuuskierig en sorgsaam, en het talle talente en vaardighede. Vanjaar is die jaar om jou liggaam te laat ontspan, jou gedagtes te verfris en die lewe te geniet!

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Alle Ramme is vol entoesiasme terwyl hulle rondhardloop om glad te veel dinge te probeer doen. Maar onthou, nie almal is so vurig soos jy nie; onderskei fyn tussen selfvertroue en eenvoudig net rammetjie-uitnek wees.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Met Venus wat nog agteruit beweeg, moet jy die neiging vermy om weg te kruip en ’n kluisenaar-Bul te wees. Moenie aanneem jy weet hoe ’n geliefde voel nie. Jy sit die pot dalk heeltemal mis.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Jy is in ’n bui om vandag met ander mense te kommunikeer, met kreatiewe idees wat blom, veral in groep- of gemeenskapsverband. Maar dit gaan ’n tydjie neem voordat ’n projek aan die gang kom.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Professionele geleenthede gons rondom jou; hou dus jou oë en ore wyd oop. Vir sommige gelukkige Krewe loop werk en romanse op opwindende maniere saam. Jy sal egter geduldig moet wees.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Moenie Leeus inhok nie! Die son, Mercurius, Uranus en die agteruit bewegende Venus aktiveer almal jou avontuursone. Dit is dus is nou tyd om te eksperimenteer en te verken terwyl jy die beste uit elke minuut van die dag haal.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Die lewe gaan nie net oor dit wat jy kan sien, leer of ontleed nie. Daar is baie dinge wat buite sig versteek is of net eenvoudig verborge is. Met geduld en intuïsie sal jy ’n belangrike waarheid ontbloot.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Jy is vandag in ’n vriendelike en spraaksame bui terwyl jy gesellig met ander mense verkeer en omgaan; kuier en rondgaan. Maar met Venus – jou heersende planeet – wat steeds terugbeweeg, moet jy probeer om jou onversadigbare suikertand te beheer.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

As jy te opdringerig raak – ’n Skerpioen se spesialiteit – gaan jy net ander mense wegdryf. Probeer dus kalm word en waardevolle tyd met saam met gesinslede en vriende deurbring.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Goeie tye en lewendige geselskap val vandag in die kollig terwyl jy saam met die gesin, vriende of kollegas kuier. Romanse, kreatiwiteit, sport en stokperdjies word almal bevoordeel, maar probeer om nie te veel geld uit te gee nie.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Jou huislike lewe lyk oor die volgende paar dae besig. Die tyd is dus perfek om te beplan, jou voor te berei en die grasieuse gasheer te speel terwyl jy die wêreld aan die brand kook en op ’n deftige Steenbok-manier onthaal.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Vandag se planetêre patrone stimuleer jou neiging om wild en spontaan te wees. Probeer dus jou bes om nie vandag te veel te eet en te veel geld uit te gee nie . . . dit kan môre tot diep verwyte lei.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Vandag se sterre bevoordeel eet, drink, kuier, reis en saam met geliefdes uithang. Tyd vir brose Visse om te ontspan, af te wen en ’n bietjie behoorlik pret te hê.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017