JOU DAG

Vandag se sterre plaas die kollig op die vindingryke verrigting van take.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n romantiese uitkyk op die lewe. Oktober is die beste maand om by ’n vriendskapswebtuiste aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy beraam flink ’n opwindende nuwe plan of probeer ’n vindingryke manier kry om ’n probleem op te los. Verveeldheid en uitstel van goed is uit; opwinding en passie is in!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Ander wil sien jy pas jou planne aan, maar grawe jy jou hoewe diep in en weier om toe te gee? Vandag se sterre moedig jou aan om dinge uit ’n heel ander oogpunt te beskou.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Baie Tweelinge deel vandag graag inligting en ruil idees uit met vriende ver weg. Maak net seker jou sjarmante geselsies verval nie in ongevraagde skinderstories nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Praat met ’n familielid oor jou idees en toekomsaspirasies. Studie en navorsing word ook bevoordeel – veral as jy iets moet hersien. Neem jou tyd en moenie haastig raak nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Moenie aanneem jy het al die antwoorde nie, Leeu. Jy kan baie by ander leer – veral by die kinders in jou lewe. Let dus op na die wyse woorde wat uit die mond van ’n suigeling kom.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Spits jou toe op maniere om ’n vriend of familielid te ondersteun wat deur ’n moeilike tyd gaan. Liefde en heelwat aanmoediging sal baie help om hulle weer op hul voete te kry.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy kommunikeer doeltreffend terwyl jy jou portuurgroep uitbrei en ’n opwindende nuwe kontak leer ken. Dis ook tyd om energie te wy aan opvoeding en die uitbreiding van jou kennis.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Wat jou hoop, drome en toekomswense betref, dink groot, Skerpioen! Met Jupiter aan jou kant kan jy werklik ’n verskil maak. Selfvertroue en ’n bietjie vermetelheid is hier die sleutelwoorde.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy wil jou kennisvlak uitbrei namate jy inligting bekom van mense in jou gemeenskap. Wees geduldiger met ’n verwarde familielid.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Spits jou toe op dit wat uitwerk in jou lewe en wy vasgestelde tyd en energie aan die vertroeteling van intieme verhoudings terwyl jy die genot van gedeelde belangstellings beleef.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jou woorde kan ander vandag veral in groepsverband op positiewe, interessante maniere beïnvloed. Maak dus seker jy het iets inspirerends om te sê.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die krag van die verbeelding is vandag aan jou kant. Puik idees en inspirasie sal voortspruit uit jou dagdrome en kreatiewe insig terwyl jy ontsnap na jou eie, privaat wêreld.