pisces-hg-w

JOU DAG

Moenie ’n gulhartige belofte maak tensy jy dit kan nakom nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

In 2017 moedig Saturnus jou aan om op die toekoms te bly fokus. Moenie jouself toelaat om af te dwaal nie. Konsentreer met passie en doelgerigtheid op jou professionele doelwitte.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die silwer maan reis deur jou reputasiesone; daarom gaan jy vandag op die een of ander wyse in die kollig beland. Nie almal gaan hou van dinge wat jy doen en sê nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die lewe is veeleisend, maar maak seker jy sit tyd opsy vir rus, ontspanning en vernuwing. As jy jou gedurig uitput met bedrywighede, gaan jy vir niemand van enige nut wees nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is gretig om jou kreatiewe idees oor te dra, maar geliefdes is dalk vandag in hul eie probleme vasgevang. Doen jou bes om hulle op praktiese en bruikbare maniere by te staan.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

’n Geliefde of kollega kan vandag jou knoppies druk. Raak rustig en pas selfbeheersing toe; anders gaan jy waarskynlik oorreageer en die probleem vererger.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy wil net laat waai – en die mense om jou is tog so stadig! Gebruik jou tyd om vandag stil te raak en die rose te ruik. Nuwe horisonne en opwindende avonture gaan môre nog roep.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy dink jy is op dieselfde golflengte as ’n kind, tiener of pel, maar stuur hulle dalk op ’n heeltemal ander rigting af? Dis tyd om weer kontak te maak en te kyk wat julle aanspoor.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Venus en Mars huppel albei deur jou verhoudingsone. Verbonde Weegskale: Dit is tyd om jou maat met volop ekstra aandag en liefde te pamperlang. Enkellopendes: ’n Bietjie fantastiese flirtasie sal jou ver bring.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die maan besoek jou huishoudelike sone, dus is dit die ideale tyd om jou intieme verhoudings op praktiese maniere te koester. Jy sal ontdek tegemoetkoming lei tot ’n gelukkige, spanninglose dag.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy wil graag kommunikeer, maar as jy die eerste ding sê waaraan jy kan dink, kan jy jou haastigheid berou. Gebruik jou oortollige energie liewer om projekte af te rond.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Baie bekwame Steenbokke sal besig wees om dinge af te handel – of dit nou werk, besigheid, kook, skoonmaak, herstelwerk of navorsing is. As iets gedoen moet word, is jy die een om in te roep.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Duur dit ’n ewigheid voor jou aspirasies ’n werklikheid word? Jy het die nodige talent en kontakte. Nou moet jy net die nodige geduld en deursettingsvermoë aanleer om jou drome te verwesenlik.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Venus, Mars, Jupiter en Uranus aktiveer almal jou geldsone. Jy gaan lus wees om baie geld uit te gee aangesien duur bederwe jou oog vang. Maar is dit, uit ’n finansiële oogpunt, die wenslikste ding om te doen?

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.