JOU DAG

Mercurius beweeg vooruit; dus behoort kommunikasie te verbeter.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie aangespoor om vooruitgang te maak. 2017 is die jaar om meer gehaltetyd met geliefdes deur te bring terwyl jou gesinslewe die grondslag vorm van toekomstige sukses.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

’n Probleem by die werk of ’n gesondheidskwessie behoort stadigaan beter te raak, want Mercurius skuif voorwaarts en dit verbeter jou algehele welsyn. Wat kos betref, maak ’n gesonde keuse wat jy wel sal geniet.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mercurius beweeg voorwaarts in jou kreatiwiteitsone; dus moet jy seker maak dat jy munt slaan uit jou kreatiewe talente. Hoe meer energie en geesdrif jy in projekte belê, hoe meer sal jy daaruit kry.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mercurius – jou heersende planeet – beweeg voorwaarts; dus behoort alle vorme van kommunikasie geleidelik te verbeter. Dit is dus tyd om jouself uit te druk en jou gevoelens regstreeks en eerlik te verwoord.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie waardevolle tyd mors deur te sloer nie, Krewe. Mercurius is vandag regstreeks; dus moet jy dinge sê soos dit is. Maak ook heeltemal seker dat jy eerlik is met ander en hulle op die hoogte van jou planne hou.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Was jy die afgelope tyd ongevoelig? Wat vriende of kollegas betref, gebruik jou tyd om jouself in hul skoene te plaas. Jy sal dan eers kan begin verstaan wat hulle ervaar.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy het die vermoë om vandag te sê presies hoe jy voel, met Mercurius wat vorentoe in jou teken beweeg. Kies jou woorde verstandig aangesien dit ander mense emosioneel kan beïnvloed.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moenie bekommerd raak oor dit waaroor jy geen beheer het nie. Wees proaktief met projekte waar jy die resultate kan beïnvloed. Die volgende 12 maande is die tyd om ’n manier van ontspanning te vind wat jou pas.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Met dié dat Mercurius vorentoe beweeg, gaan groepsaktiwiteite verbeter, want almal werk saam om ’n bevredigende eindresultaat te verseker. Gebruik ook jou tyd om regtig te luister na wat ander te sê het.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die tyd is geleë om die daad by die woord te voeg en ’n projek aan te pak wat jy pal uitstel. Mercurius beweeg vandag vorentoe, en dit gee jou ’n energiehupstoot en plaas jou in ’n bui om dinge gedoen te kry.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Verwag vandag die onverwagte met verhoudings wat jou verras en dinge wat nie heeltemal is soos hulle voorkom nie. Begin ook solank jou volgende vakansie beplan terwyl Mercurius vorentoe skuif in jou reissone.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Mercurius beweeg vandag vorentoe, en dit behoort ’n intieme verhouding of gesamentlike finansiële projek wat stagneer het, aan te help. Tog moet jy steeds ekstra versigtig wees oor dit wat jy aanlyn kwytraak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kommunikasie behoort geleidelik te verbeter aangesien Mercurius vorentoe beweeg in jou vennootskapsone; doen dus wat jy kan om verskille uit te stryk en sake in ’n positiewe rigting aan die rol te kry.

© Joanne Madeline Moore