JOU DAG

Vandag se sterre is gunstig vir kommunikasie op proaktiewe en kreatiewe maniere.

AS JY VANDAG VERJAAR

Volgende Februarie, Maart en April is die beste maande om ’n nuwe romanse te begin, verlief te raak, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Baie Ramme sal vandag skrikwekkend sjarmant wees. Jy flankeer fantasties en laat die mense om jou ekstra spesiaal voel. Die beste manier om ’n teleurgestelde vriend te help, is om hul selfvertroue te bou.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis tyd om ou sienings en houdings te verban oor werksake of die rigting wat jou lewe inslaan. Jy kyk met hernieude selfvertroue en vars idees na die toekoms. Gryp die geleenthede aan, Bul!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Benut jy jou wonderlike verstand ten volle? Die maan is in jou sone vir idees en drome. Brei jou denke uit om innoverende idees en kreatiewe, nuwe konsepte in te sluit.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan vandag veral by die werk geïnspireer word. Maar wisselende emosies beïnvloed jou gemoedstoestand. Dink dus mooi voor jy dinge sê waaroor jy later spyt gaan wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Kalmeer, Leeu. Hoe meer jy aan ander se behoeftes dink, hoe beter sal jou dag wees. Jou lewe is op die punt om baie bedrywig te word. Rus dus en herlaai jou batterye terwyl jy kan.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die noulettende Maagd is mal oor organiseer – alles en almal. Maar met kalm en behulpsame Venus in jou teken is dit tyd om die beheer te laat gaan en alles te vat soos dit kom.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die fokus is op jou vriende – hoe om hulle te versorg, te behou en hulle te laat gaan as julle by mekaar verbygegroei het. Gedeelde belangstellings is belangrik vir platoniese lantermynverhoudings.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Pak gesinsverantwoordelikhede en huishoudelike take met ’n glimlag aan – en handel hulle vinnig af. Dan sal jy meer tyd en energie oor hê vir ’n persoonlike projek wat wag.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met Venus, Mars en Jupiter wat deur jou loopbaansone beweeg, is jy in die luim om professioneel proaktief te wees. Dis tyd om van jou sitvlak af op te staan en dinge te laat gebeur!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie te versigtig wees nie! Met Venus, Mars en Jupiter wat deur jou sone vir reis en avontuur beweeg, is dit tyd om te eksperimenteer en verken. Die omstandighede is vandag gunstig vir gesinsake.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Gryp die dag! Die Franse verhoogaktrise Sarah Bernhardt, wie se verjaardag dit vandag is, se woorde is tans jou motto: “Lewe genereer lewe. Energie skep energie. Dis deur van jouself te gee dat jy ryk word.”

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Venus, Mars en Jupiter help jou om verhoudingsprobleme op te los. As jy kritiek met samewerking en woede met ywer vervang, sal die dag verbasend glad verloop.