JOU DAG

Die sterre bevorder nou kommunikasie en geestelike kreatiwiteit. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is romanties en emosioneel, maar kan baie onrealisties wees. Die komende 12 maande is die ideale tyd om jou talente te wy aan groepe en projekte in die plaaslike gemeenskap.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die sterre aktiveer vandag jou kommunikasiesone. Dit is dus ’n wonderlike tyd om saam met gesinslede, vriende en bure te kuier terwyl julle lewendige, stimulerende gesprekke voer.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy het ’n goeie sakebrein en geldsake is vandag in jou gedagtes. Dit is dus tyd om geldsake met ’n geldslim pel te bespreek of na te lees oor maniere om jou hulpbronne beter te bestuur.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Slim kommunikasie is die sleutel tot ’n bevredigende dag. Hoe meer jy netwerke vorm en met invloedryke mense omgaan, hoe meer wenke sal jy kry en hoe suksesvoller gaan jy wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Is jou tenk leeg? Streef daarna om die ewewig tussen dinge by die werk baas te raak terwyl jy steeds tyd maak om na te dink en jou batterye te herlaai. Balans is die sleutel.  

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal daarby baat vind om vandag jou vurige energie aan beroepsprojekte te wy. Moenie te baasspelerig en onvoorspelbaar wees en sodoende ander ontstel nie. Doen jou bes om sjarmant te wees en saam te werk.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy wil oor ’n wye reeks onderwerpe met vriende en kollegas gesels. Jy gaan ’n heerlike dag hê as jy jou neiging om ander mense te kritiseer in toom kan hou.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Verhoudings werk soos ’n spieël: As jy gespanne is en voel jy word nie verstaan nie, is dit wat jy van geliefdes gaan terugkry. Ontspan en soek in jou binneste na die antwoorde waarna jy verlang.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die pas versnel terwyl jy ’n balans probeer vind tussen verskillende soorte aktiwiteite. Dis die ideale dag om jou speurdershoed op te sit en ’n raaisel uit te pluis of ’n oplossing te kry vir ’n verwarrende probleem.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Gebrek aan ’n betekenisvolle band lei tot die meeste kommunikasieprobleme. Mercurius moedig jou vandag aan om probleme met ’n geliefde uit te praat. Dan sal jy dinge uit sy/haar oogpunt sien.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Onder die invloed van Venus, die vredemaker, is dit tyd om jou trots te sluk en ’n kind, tiener of vriend/in tegemoet te kom. Deur ’n kompromie kan julle dinge weer op koers kry.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Die sterre gee vandag jou intuïsie en kreatiwiteit ’n hupstoot. Dit is dus ’n fantastiese tyd om met die kreatiewe muse in jou binneste te skakel. Skakel ook persoonlik en aanlyn in op die gedagtes en gevoelens van ander mense.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jou kreatiwiteit en intuïsie word vandag aangevuur. Luister as die stem in jou binneste sê iets of iemand is nie die ware Jakob nie.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.