Dit is wat die sterre vandag vir jou voorspel, deur Joanne Moore.

JOU DAG

Kies vandag jou woorde versigtig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Weerstaan die versoeking om oor die verlede te sit en tob. Kry inspirasie by ’n bekende verjaardag-genoot, die skrywer Ernest Hemmingway: “Die lewe breek ons almal, maar die stukkende plekke is agterna sterker.”

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Trek jou sokkies op, Ram . . . en ruim dringende take of belangrike projekte vroegdag uit die weg. Laatmiddag en saans is die volmaakte tyd om met ’n gunstelingboek of -fliek te ontspan.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat ’n probleem by die werk of huis betref, kan daar ’n tweestryd wees tussen dit wat jy dink en dit wat jy voel. Moet dus nie vandag enige langtermynbesluite neem nie, Bul.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou heersende planeet, Mercurius, vorm vandag ’n moeilike patroon, Tweeling. Deurdink sake deeglik, wees versigtig wat jy sê, moenie belangrike besluite neem nie en ruim tyd in om doodseker van afsprake te maak.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vertraag vandag die neem van ’n belangrike besluit aangesien jy moontlik ’n tweestryd sal ervaar tussen intuïsie en intellek. Ruim tyd in om te rus en te ontspan, anders gaan jou stresvlakke styg.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

As jy vandag ervaar dat jy by ’n rusie met iemand betrek word, gebruik jou gladde mond – en jou aansienlike sjarme – om jou met heelwat styl en grasie aan dié situasie te onttrek.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jupiter beweeg deur jou teken, wat vrygewigheid met jou tyd en talente bevoordeel. Maar moenie alles glo wat ’n geliefde jou vertel nie – dis moontlik nie die volle verhaal wees nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Waar ’n kind, tiener, vriend of groepsituasie betrokke is, kan jy lewendige debatvoering verwag terwyl julle saamstem dat julle oor ’n sekere saak verskil. Maar moenie voel jy moet verskoning vra vir jou standpunte nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As jy by die werk is, wens jy dalk jy was liewer tuis – en as jy tuis is, is jou gedagtes dalk heeltyd by werkaangeleenthede. Probeer dus rustig raak, ontspan en dit te geniet, waar jy jou ook al bevind.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Spontane Boogskutters sal vandag ekstra rusteloos voel terwyl julle rondskarrel op soek na nuwe avonture. Raak rustig en markeer jou pas, anders kan jy dinge sê en doen wat jy later gaan berou.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die Maan reis vandag deur die avontuurlike Waterdraer-teken en jy het heelwat om te leer van jou buurman in die diereriem: soos om meer ontvanklik en eksperimenteel te wees – en jouself nie so ernstig op te neem nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Sommige verhoudings vereis harde werk, terwyl ander meer toegeeflik is teenoor nalatigheid van jou kant af. Daar is vandag ’n groot kans dat misverstande kan voorkom, tensy jy die tyd inruim om die feite agtermekaar te kry.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis tyd om kreatiewe dinge na te jaag asook om jou wenslysie van jou lewensdoelwitte op te stel. Jy het dalk lus om iets van jou hart af te kry. Maar kies jou vertroueling met wysheid.