JOU DAG

Moenie ’n belofte maak as jy dit nie kan nakom nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Saturnus moedig jou aan om in 2016 toegespits te bly op die toekoms; sorg dat jy nie ronddryf en jou aandag afgetrek word nie. Konsentreer passievol en doelgerig op jou doelwitte.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy wil graag kommunikeer, maar as jy die eerste gedagte verwoord wat by jou opkom, kan jy berou kry oor jou haastige mond. Gebruik liewer jou oortollige energie om huidige projekte te hersien.

BUL, 21 Apr.- 21 Mei

Venus, jou heerser, moedig jou aan om die hedonis in jou te bevredig. Eet, drink, sosialiseer, hou partytjies, bemin – en geniet die lewe tot die uiterste vandag, Bul. Maar moenie die bank sodoende bankrot maak nie!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Venus flankeer tot die naweek deur jou verhoudingsone. Verbonde Tweelinge, dit is tyd om jou maat met hope liefdevolle aandag te vertroetel. Enkellopendes, ’n bietjie flankeerdery kan jou ver bring.

KREEF, 22 Jun.-23-Jul.

’n Geliefde of kollega kan vandag jou emosies omkrap. Koel af, Kreef, en kry ’n bietjie selfbeheersing! Anders kan jy moontlik oorreageer en die probleem vererger.

LEEU, 24 Jul.-23-Aug.

Jy wil met mening vorentoe gaan – en die spul om jou is tog so stadig! Ruim vandag tyd in om stil te staan en die natuurskoon te geniet, Leeus. Nuwe horisonne en opwindende avonture sal môre steeds wink.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy dink jy en ’n kind, tiener of vriend(in) is op dieselfde golflengte, maar is hulle dalk in ’n heel ander rigting op pad? Tyd om weer in verbinding te kom en te kyk waar julle albei begin het.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verwag om vandag te voel dat die verbinding tussen jou en ander mense effens verbreek is, Weegskaal. Jy wil graag jou idees kreatief oordra, maar geliefdes kan dalk net besig wees met hul eie probleme.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Venus beweeg tot die naweek deur jou geldsone. Jy sal dus lus voel om baie geld uit te gee wanneer duur bederfies jou oog vang. Maar maak dit finansieel sin?

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Geldsake lyk op die oomblik ietwat ingewikkeld, Boogskutter . . . en as jy gaan toelaat dat ’n vriend(in) betrokke raak, gaan dit net moeiliker raak! ’n Gesinsaak is ook in ’n warboel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Klomp handige Steenbokke sal besig wees om dinge gedoen te kry – of dit nou werk, kook, skoonmaak, herstelwerk of navorsing is. As daar werk is wat klaargemaak moet word, moet hulle jou vra.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die lewe is op die oomblik veeleisend, maar maak seker dat jy tyd inruim vir rus, ontspanning en verjonging. As jy jou uitput deur altyddeur besig te wees, gaan jy vir niemand iets beteken nie.

VISSE, 10 Feb.-20 Mrt.

Duur dit ’n ewigheid tot jou ambisieuse verwagtings bewaarheid word? Jy het die talent en die kontakte . . . nou moet jy die geduld en uithouvermoë kweek om jou drome te bewaarheid.