JOU DAG

Volmaan is die ideale tyd om jouself geluk te wens met projekte wat jy die afgelope maand afgehandel het.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande beloof om opwindend te wees; baie langtermyn-idees en -projekte begin eindelik vrugte afwerp. Verwag ook dramatiese ontwikkelings in jou liefdeslewe.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Uitspattige Ramme, het julle die afgelope tyd te veel spandeer? Die volmaan bring geldsake na die voorgrond terwyl jy besef jy sal heelwat meer dissipline aan die dag moet lê en jou rande heelwat verder moet rek.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Kommunikasie kom dalk vandag onder skoot wanneer ’n geliefde op jou oorbesitlike maniere reageer. As ’n enkellopende Bul te gou te oorweldigend is, gaan jy net iemand afskrik wat moontlik by jou pas.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Moenie toelaat dat werk- of huisverpligtinge jou vandag oorweldig nie. Die volmaan – in die intense teken van die Skerpioen – versterk net huidige probleme; probeer perspektief behou.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vandag sal jy nie lus voel om jou veel te steur aan volmaanbeuselagtighede nie, want die sterre verhoog die druk op intieme verhoudings. Kommunikasie met ’n kind, tiener of vriend kan veral problematies raak.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Pasop vir huishoudelike dramas terwyl die vomaan ’n onvergewensgesinde kollig plaas op familiefiasko’s. Wat werk betref, moedig Mercurius jou aan om eerder slimmer as harder te werk.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Wees vandag ekstrasensitief vir die behoeftes van geliefdes omdat die volmaan nukkerige buie koester en aanhelp. Wees ook ekstraversigtig – en diplomaties – as jy op sosiale media kommentaar lewer.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Met die volmaan in jou geldsone is jy gretig om te bestee, maar maak seker jou finansies is bestendig voor jy iets groots aanskaf. Anders gaan jy jou later vasloop.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die volmaan is in jou teken, so jou intense, hardekwas kant word versterk. Jy fokus op alleenprojekte, maar gee en neem is ’n vereiste as jy sukses wil behaal.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Streef daarna om ’n balans te handhaaf tussen drukkende werkverpligtinge, daaglikse take ’n bietjie strelende alleentyd. Ontspanning en verjonging is tans ’n moet.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy funksioneer op jou beste as ander op voorspelbare, verstandige maniere optree. Dis feitlik nooit die geval nie – en veral nie tydens volmaan nie. As jy hulle nie kan klop nie, raak rustig en bly aan die wenkant.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met die volmaan wat jou beroepsone beklemtoon, is jy slaggereed vir loopbaansukses. Met harde werk en ’n kreatiewe benadering kan jy jou toekomspad op ’n positiewe wyse verander.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Verlang jy na ’n hemelse vakansie? Dit lyk dalk op die oomblik onwaarskynlik, maar as jy jou sente spaar en volhard, sal dit later vanjaar ’n werklikheid word. Probeer geduldig wees.