DONDERDAG 20 OKTOBER 2016

JOU DAG

Vermy verveeldheid deur vandag ekstrabesig te bly en sosiaal te verkeer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die vermoë om die mense om jou te beïnvloed, maar jy sal moet leer om voordeel te put uit jou invloed. Aanstaande jaar moet jy buigsamer wees – geestelik en liggaamlik.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Spanpogings of verhoudingskwessies is vandag op die spyskaart. Moenie ’n potensieel produktiewe vriendskap bederf deur baasspelerig en weerbarstig te wees nie. Streef daarna om toegewings te maak en te deel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Hardkoppige Bulle is baie goed met vasval in ’n verhoudingstydkapsule. As dinge in jou liefdeslewe nie reg wil uitwerk nie, is dit miskien tyd om te behou wat werk en ontslae te raak van dit wat nie werk nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

’n Gelukskoot kom na jou kant toe danksy ’n ouer, vriend, geliefde, kreatiewe of sport projek of stokperdjie. Moet egter nie oorhaastig raak nie, Tweeling. Gee die geluksgodin ’n kans om jou op te spoor.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy met geliefdes probleme ondervind, gaan dit nie deur norsheid opgelos word of deur in jou dop te kruip nie. Die sterre moedig jou aan om deernisvol en dapper te wees en nie als te systap nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Voel jy gefrustreerd oor die toekoms? Voel dit of jou doelwitte en drome alewig op die agtergrond bly? Moenie stres nie. Jy moet prioritiseer, beplan en bowenal supergeduldig bly.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy is vandag ekstranuuskierig terwyl jy opwindende nuwe idees soek en aan ’n paar omstrede gesprekke deelneem. Wees ook gereed om jou siening oor ’n sake- of geldkwessie te verander.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Vandag is onvoorspelbaar vir alle soorte verhoudings. Wat jy ook al verwag van ander mense; hulle gaan net mooi die teenoorgestelde doen of sê. Wees dus superbuigsaam.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is gretig om vandag ’n blitsbesluit te neem, veral waar ’n werk- of gesondheidskwessie ter sprake is. Is dit egter so ’n goeie idee? Dit is wyser om daaroor te slaap ’n nuwe perspektief te kry.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Skaal jou neiging tot veelpratery effens af, asook die gewoonte om impulsiewe opmerkings te maak. Neem eers nadat dinge rustiger geraak het ’n belangrike besluit oor ’n geliefde of vriend.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Pas die manier waarop jy vandag kommunikeer effens aan. Een oplossing gaan beslis nie almal pas nie. Sommige mense moet sagkens behandel word, so vermy omstrede onderwerpe en duidelik verbode terreine.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is propvol uitmuntende idees oor jou toekomsrigting, maar jy sal sien denke verskil van dade. Hoe meer geestelik wisselvallig jy is, hoe erger gaan die dag raak.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is gretig om met ’n uitdagende projek voort te gaan en het die insette van ander mense nodig om dit aan die gang te kry. Jy moet egter geduldig wees, want baie mense voel ongemotiveer of wil net nie saamwerk nie.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2016.