JOU DAG

Die vurige planeet Mars beweeg tot in die vuurteken Leeu en bly daar tot 5 September.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is aktief, avontuurlik en baie rusteloos. Die volgende 12 maande is die tyd om spoed te verloor en op te let na die mooi dinge op jou pad.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Dit is tyd om jou uit te druk terwyl jy liefde ervaar en om in te skakel by die kreatiewe kind in jou binneste! Mik in die volgende paar weke daarna om die muse in jou binneste op romantiese, kunstige en vrymoedig mooi maniere uit te druk.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Kikker jou gewone roetine op! Tussen nou en 5 September moedig die dinamiese Mars jou aan om heelwat meer proaktief te werk te gaan met huishoudelike sake,familieverhoudings en verpligtings tuis.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Die magtige Mars beweeg tot 5 September deur jou kommunikasiesone. Motivering is dus hoog terwyl jy kreatiewe idees inisieer en jou boodskap aan die wêreld oordra, persoonlik sowel as aanlyn.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Mars, die planeet wat skrik vir niks, moedig jou aan om meer proaktief en op die hoogte te bly wat jou finansiële portefeulje betref. Probeer dus jou bes om dinamiese nuwe maniere te kry om jou uitgawes in toom te hou en jou kontantvloei te verhoog.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Mars is tot 5 September in jou teken. Strewe dus daarna om meer flambojant as gewoonlik te wees terwyl jy met idees vorendag kom, passieprojekte van stapel stuur en in nuwe en dinamiese rigtings vorder.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Die magtige Mars beklemtoon jou verbeeldingryke, intuïtiewe en introspektiewe sye. Maak dus seker dat jy jou aardse Maagd-energie na kreatiewe projekte of geestelike soeke, soos joga of meditasie, herlei.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Groepaktiwiteite, die sosiale media en aanlyn werk word deur die dinamiese Mars geaktiveer. Dit is dus ’n uitstekende tyd om met kreatiewe mense in verbinding te tree en jou persoonlike drome vir die toekoms met vriende te deel.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Jy gaan op een of ander manier in die openbare kollig wees terwyl die proaktiewe Mars tot 5 September deur jou professionele en reputasiesone jaag. Maak dus seker jy lewer ’n skouspelagtige vertoning lewer, Skerpioen!

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Mars, die aksieplaneet, aktiveer jou avontuursone. Begin dus dink oor waarheen jy met jou volgende vakansie wil gaan. Kies ’n dinamiese plek met aktiwiteite wat jou adrenalien aan die pomp sal kry.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Die passieplaneet, Mars, verhoog jou bekoring terwyl dit jou seksualiteitsone tot 5 September stimuleer. Met jou lustige libido wat bestem is om te styg, moet jy paslike sensuele uitlaatkleppe vir jou aardse seksdrange soek.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb.

Die dinamiese Mars moedig jou aan om op positiewe en proaktiewe maniere meer tyd te bestee aan die versorging van intieme verhoudings. Enkellopendes – as jy iemand sien wat jou aandag trek, sal jy die eerste stap moet doen!

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Klim af van daardie gemakstoel en kry jou liggaam aan die beweeg! Mars moedig jou aan om proaktief te raak jeens die verbetering van jou gesondheid en fiksheid. Oorweeg ’n voedsame dieet en ’n meer dinamiese oefenprogram.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.