pisces-hg-w

JOU DAG

Neptunus kan dalk misverstande aanmoedig; moet dus nie skuiwe maak wat langdurige gevolge kan inhou nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met dié dat jy gebore is op die sodiak se dag van ewigdurende lojaliteit, is jy ’n getroue verhoudingsmaat en toegewyde vriend of vriendin. 2017 is die jaar om meer tyd aan kreatiewe en spirituele ondernemings te wy.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ervaar jy probleme met ’n vriend of kennis? Jou intuïsie sal jou vandag help om ’n oplossing te kry. Jy kan ’n paar intense drome te wagte wees, met die Son en Neptunus wat jou droomsone stimuleer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat jou verwagtings, drome en aspirasies betref, moet jy daarna streef om die balans reg te kry tussen prakties en kreatief wees. Dan eers kan jy groot drome verwesenlik.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is in ’n kreatiewe luim, maar wees misverstande by die werk te wagte waar motiewe verkeerd verstaan kan word. Jy wil dalk ontvlug na jou eie droomwêreld, maar moenie feite met fiksie verwar nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die Son koppel met Neptunus en dit verhoog jou emosionele sensitiwiteit – asook jou liggelowigheid. Draai iemand jou ’n rat voor die oë? Maak seker jy onderskei fyn tussen die werklikheid en fantasie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus waag dikwels groot kanse, maar vandag se tema is oëverblindery; wees dus bedag daarop dat alles nie is soos dit blyk nie. Jou kreatiwiteit skyn helder, maar jou intuïsie kan dalk die pad heeltemal byster wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Enkellopendes, Neptunus verwar jou oordeel; dus sal dit moeilik wees om te onderskei tussen ’n droomafspraak en ’n groot teleurstelling. Moet daarom nie besluite neem voor jy nie meer rasioneel kan dink nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dis tyd om ’n helder soeklig op vennootskapsprobleme te skyn. Venus en Mars moedig jou aan om met volop passie, geduld en vasbeslotenheid werk te maak van enige uitdagings en probleme in jou persoonlike verhoudings.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Het jy jou “volmaakte” maat uitermate opgehemel? Of soek jy dalk liefde op al die verkeerde plekke? Onrealistiese romantiese verwagtings sal vandag net tot teleurstelling lei.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Kommunikasie met gesinslede sal vandag verwarrend wees; probeer dus so diplomaties moontlik wees. Dis beslis die verkeerde tyd om grappies oor ouderdom, gewig of ander sensitiewe onderwerpe te maak. As jy twyfel, bly liewer stil!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Let mooi op na hoe jy inligting uitruil aangesien Neptunus waarskynlik jou kommunikasie-antenna gaan saboteer. Voorts kan jou aanvoeling oor ’n situasie dalk heeltemal van koers af wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Geldsake gaan vandag verwarrend raak. Weeg jou woorde en stel alles op skrif. ’n Professionele en pragmatiese benadering is die beste raad.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Koester jy onrealistiese verwagtings? Neptunus vertroebel jou oordeelsvermoë; dus moet jy nie belangrike besluite neem nie. ’n Pragtige illusie kan maklik oorgaan in ’n teleurstellende mistasting.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017