JOU DAG

Energie, selfvertroue en gesonde verstand is nou laag; pas dus jou spoed daarby aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n talentvolle probleemoplosser. In die komende jaar moet jy meer tyd tuis saam met familie en vriende probeer deurbring. Die verste gras is nie altyd die groenste nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vermy die versoeking om vandag kommunikasie aan te jaag en dwase gevolgtrekkings te maak, Ramme. Dit gaan maklik wees om verward te raak en jy kan agterkom dat jy meer afgebyt het as wat jy met gemak kan kou.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hoe meer passie en kreatiwiteit jy in groepsprojekte belê, hoe meer sukses sal jy vandag behaal. Maar moenie in vervoering raak en toelaat dat jou verbeelding met jou oploop gaan nie. Bly realisties, Bulle.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Vandag kan jy ’n chaos en misverstand by die werk te wagte wees aangesien Neptunus kommunikasie deurmekaarkrap. Probeer om nie mismoedig te raak omdat die gaping so groot lyk tussen jou doelwitte en die werklikheid nie, Tweeling.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie toelaat dat dit wat in die verlede gebeur het, verhoudings bederf nie. Probeer intieme verhoudings op ’n skoon blad benader. Die enigste persoon wat die situasie waarskynlik kan saboteer, is jyself.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy gaan nie vandag besonder selfversekerd, energiek of gemotiveer voel nie aangesien die son haaks raak met Neptunus. Gebruik dus die tyd om op jou liggaamlike gesondheid te konsentreer: Eet goed en probeer ontspan, herlaai en ontlaai.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jou nuuskierigheid word gestimuleer terwyl jy ’n geheim ontbloot, ’n vermiste item opspoor of inligting uitlig wat ander misgekyk het. Wat ’n geliefde betref, moet jy daarteen waak om namens hom of haar te dink.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy wil graag hê alles moet glad verloop, maar dit gaan nie sommer gebeur nie. Intieme verhoudings gaan verwarrend en geliefdes onvoorspelbaar wees; dus moet jy probeer ontspan en Gods water oor Gods akker laat loop.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene is gewoonlik slim spaarders. Maar – met Saturnus wat steeds agteruit deur jou geldsone beweeg – kan jou banksaldo ook agteruitgaan. Bly dus weg van impulsiewe besteding.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Om aannames te maak kan jou in die moeilikheid laat beland. Jy is gretig om ander mense te leer of aanwysings te gee, maar moenie aanneem dat jy al die wysheid in pag het nie. Hoe nederiger jy bly, hoe beter sal die dag verloop.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer opsetlik jy intieme verhoudings mikrobestuur, hoe meer gaan geliefdes hulleself van jou distansieer. Verwarring en misverstande is dus baie waarskynlik, tensy jy meer samewerking kan gee.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Verhoudings met ’n kind, ’n tiener of ’n hegte vriend(in) sal vandag verwarrend wees terwyl julle verskil oor ’n omstrede saak. Soek maniere waarop jy kan saamwerk en terselfdertyd jou onafhanklikheid behou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy gaan vandag uiteenlopende, botsende emosies ervaar terwyl jy die buie van mense om jou waarneem. Onthou net: Daar is ’n fyn onderskeid tussen heerlike dagdrome en ontwykende wanopvattings.