JOU DAG

Daar is positiewe en negatiewe invloede en dit is jou keuse of jy vandag optimisties of pessimisties wil wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan dat sake glad verloop en word gefrustreerd wanneer daar probleme en oponthoude is. Weerstaan die versoeking om vitterig en kritiserend teenoor ander en jouself te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Daar is dalk vandag emosionele afstand tussen jou en ’n geliefde, maar moenie bekommerd wees nie. Albei het ruimte nodig om vas te stel hoe hulle voel. Sake sal môre beter lyk.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Daar is dalk verwarring omdat jy ’n verkeerde aanname maak oor wat iemand anders dink. Maak tyd om seker te maak van die feite deur ’n lang en behoorlike gesprek met die mens te voer.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dit kan vandag gekompliseerd wees om met familie en vriende te praat. Daar is gedeelde voordele as jy en ’n geliefde dieselfde sport of stokperdjie beoefen, maar moenie kitsresultate verwag nie!

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

’n Ingewikkelde verhouding met ’n kind, tiener of vriend kan vandag gespanne wees. Jou geduld word beproef en jou humeur is kort. Probeer om ekstra geduldig te wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou geliefdes tree as ’n spieël op en reflekteer aspekte van jouself wat jy nie wil sien nie. Gesinsverantwoordelikhede slurp baie van jou tyd en energie op. Beplan dus daarvolgens.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Vat dinge kalm vandag, Maagd. As jy administratiewe werk moet doen of rekeninge moet betaal, maak seker jy doen dit nie gejaagd nie. Vriende en geldsake is ’n morsige kombinasie – hou die twee apart.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Moenie vandag geldsake as onbelangrik afmaak nie. Klein dingetjies wat jy nou miskyk, kan later groot probleme veroorsaak. Maak tyd vir navorsing, hersiening en inoefening. Jou geliefdes sal waardering vir jou ywerigheid hê.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy voel nie vandag baie sosiaal nie, maar dit hoef nie ’n probleem te wees nie. Maak tyd vir jouself. Afsondering is tans sielskos vir jou.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Fantastiese werksgeleentheid kom na jou kant toe, maar dit sal net gebeur as jy verantwoordelik is wat verhoudings betref. Welwillendheid en heelwat harde werk sal tot profesionele vooruitgang lei.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

’n Groepsaktiwiteit lyk ingewikkeld en party mense maak aannames oor wat ander doen. Dit is jou taak om die saak met samewerking en begrip te hanteer.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Doen jou bes om ’n werkskwessie met jou hart en verstand te benader anders kan daar ’n groot gaping tussen jou annames en die realiteit wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jupiter is die volgende tien maande in jou verhoudingsone en die omstandighede is gunstig vir romantiese en sakeverhoudings. Vermy lang verduidelikings en probeer om meer presies met jou woorde te wees.