JOU DAG

Onderbrekings is nie noodwendig ’n slegte ding nie, aangesien dit jou die kans gee om jou roetine ’n bietjie wakker te skud.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie energiek en laat ander mense dikwels agter. Junie is ’n uitstekende maand vir liefde, romanse, vriendskap en sosiale aangeleenthede.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is gretig om weg te breek van reëls en beperkings, maar streef daarna om die balans tussen onafhanklikheid en samesyn te vind. As jy individuele idees in een pot gooi, kan dit tot ’n opwindende gesamentlike onderneming lei.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie te veel van ’n gewoontemens word nie. Verandering is tans die enigste sekerheid. Hoe meer buigsaam jy in jou gedagtes is, hoe makliker sal dit wees om aan te pas by die immer veranderende landskap.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is gretig om ander mense op ruimhartige en onverwagte wyses te help. Jy is vol energie en geesdrif, maar moenie meer belowe as wat jy kan lewer nie. Leer om die daad by die woord te voeg.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mars en Saturnus gaan in trurat deur jou welsynsone; weerstaan die versoeking om lui te wees, eet gesond en oefen gereeld. Dissipline en harde werk sal voordelig wees in die toekoms.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Streef daarna om die balans te handhaaf tussen nodige veranderings en die behoud van die bestaande toestand. Behou dit wat werk en verander dit wat nie werk nie. Die geheim is om die verskil te ken.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie bang wees om jou vlerke te sprei en nuwe goed te beproef nie. Nuwe idees sal jou horisonne verbreed en innoverende veranderings sal jou denke op positiewe nuwe maniere wakker skud.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy hink tussen twee begeertes, maar dis niks nuuts nie. As jy tussen twee opsies moet kies, kies die een wat vars en opwindend is, veral wat intieme persoonlike verhoudings betref.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy moet die moed hê om jou intuïtiewe instink te volg en jou gedagtes en gevoelens helder en selfversekerd oor te dra aan die mense rondom jou. Dikmond wees of sarkasme het geen plek hier nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie kwessies met oppervlakkigheid en verstrooidheid benader nie. Hoe deegliker en meer gefokus jy is, hoe beter sal die resultate op die lange duur wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hou op om net oor vriendskappe, stokperdjies en sportaktiwiteite te praat; doen iets daaraan. Daar sal ’n oponthoud wees, maar moenie toelaat dat dit jou ontmoedig nie. Hou jou oë op die prys.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Mercurius beweeg in trurat deur jou huishoudelike sone. Dit is hoog tyd om die projekte en uitdagende werk by die huis te takel; hou op uitstel. Rol jul moue op en spring aan die werk.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Visse is ongeduldig. Dit is nie die ideale tyd om doelwitte na te jaag, ’n groepprojek of ’n veldtog op sosiale media te begin nie. Wag eerder tot ná 22 Mei, want dan beweeg Mercurius weer vorentoe.