JOU DAG

Mars en Jupiter is haaks, dus gaan frustrasievlakke hoog wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

2017 is die jaar waarin jy jou doelwitte moet nastreef en jou drome moet volg. Junie is die mees romantiese maand van jou jaar.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie dinge vandag op sigwaarde aanvaar nie. As jy dieper as die oppervlak kyk, gaan jy verstommende inligting ontdek. Maar jy moet ook verwag dat jou energie en motivering ongewoon laag gaan wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dinge gaan vandag teen ’n stadige pas beweeg en dit behoort jou te pas. ’n Groepsituasie of finansiële saak kan frustrerend wees, aangesien die resultaat wat jy sal verkies, op die een of ander manier vertraag word.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

’n Verhouding tuis of by die werk gaan vandag jou beperkte geduld beproef, Tweeling. En dit gaan ook nie help om die saak aan te jaag nie. Jy sal eenvoudig jou pas moet markeer en meer verdraagsaam en simpatiek moet wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit gaan vandag moeilik wees om dinge op ’n onomwonde manier gedoen te kry. Frustrasievlakke is hoog. Dit sal dus dalk makliker wees om ’n sensitiewe saak te systap en liewer later daarheen terug te keer.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dinge gaan nie vandag teen jou verkose pas vorder nie. Wat ’n kind of vriend/in betref, moet jy seker maak jy moedig hom/haar aan, eerder as om sy/haar pogings te frustreer of hom/haar te hiet en gebied.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die magtige Mars marsjeer deur jou verhoudingsone; dus is dit tyd om jou liefdeslewe aan te vuur, Maagd. Gee dit maar die tyd wat dit verdien. Saturnus vereis dat jy intieme verhoudings ernstig opneem.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jupiter help jou om die meeste situasies in ’n positiewe lig te beskou. Jou motto vir die oomblik kom dus van jou beroemde verjaardaggenoot, Dolly Parton: “As jy die reënboog wil sien, moet jy die reën verdra.”

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Saturnus krap jou geldsone deurmekaar; dus is dit tyd dat slim Skerpioene ekstra versigtig te werk gaan met hul kontantvloei. Spaarsaamheid is die nuwe swart, terwyl jy jou uitgawes besnoei en jou begroting balanseer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Dit gaan ’n lang, moeilike dag wees as jy probeer om mense en situasies te beheer. Jy het die vermoë om die mense om jou te beïnvloed. Maak dus seker jy doen dit op inspirerende, behulpsame en aangename maniere.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Stresvlakke is vandag hoog, aangesien werkprojekte, reisreëlings, asook herstelwerk aan jou motor of rekenaar, verydel en vertraag word. ’n Ou gesondheidsprobleem kan ook weer by sommige Steenbokke opduik.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Selfvertroue kan vandag laag wees, Waterdraer. Onverwagte uitgawes is ook moontlik. As jy dus nie wys beplan het nie, kan jy onvoorbereid betrap word.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Visse is in die bui vir fantaseer en dagdroom, maar moenie die werklikheid uit die oog verloor of belangrike sake vermy nie. Wees geduldig wat ’n persoonlike of professionele kwessie betref.

© Joanne Madeline Moore