JOU DAG

Die sterre is ten gunste van spiritualiteit, kreatiwiteit en deernis.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander mense verwar soms jou skaamheid met teruggetrokkenheid. In 2016 moet jy meer in aanraking kom met diegene om jou – verstandelik, emosioneel en geestelik.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is geesdriftig en ywerig om ander te help, maar moenie beloftes maak wat jy weet jy nie kan nakom nie. Jou vrugbare verbeelding en kreatiwiteit is goed op dreef; wend dit wys aan.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Uitstekende werkgeleenthede is oral om jou, maar jy moet uitreik en dit aangryp, anders gaan jy dit misloop. Werk hard om ’n korttermyngeleentheid te verander in ’n winsgewende langtermynsukses.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy sal geduldig moet wees en ’n langtermynsiening moet kry ten opsigte van gestaakte projekte en uitgestelde drome. Kreatiewe, prettige interaksie met kollegas bring vandag voordele.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Baie Krappe sal vandag diep en betekenisvol betrokke raak by geliefdes – en boonop ’n geheim of twee ontdek. Hoe meer tyd, energie en werk jy in verhoudings belê, hoe meer sal hulle vrug dra.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

As die maan in die Kreef is, spoor dit jou kreatiwiteit aan terwyl jy inskakel op inspirasie uit jou onderbewussyn en drome. Maak seker jy deel jou insigte en idees met ander mense.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Deugsame Maagd, moenie dat jou praktiese en gedissiplineerde sy jou vandag dwing om jou in ’n koma te werk nie. Gee eers aandag aan dringende sake, en geniet dan ’n bietjie ontspannende gehaltetyd saam met familie en vriende.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Moenie in ’n groef van gemak vasval nie. Dis nou die regte tyd om af te wyk van jou gewone roetine en iets anders te doen. As jy die dag vry het, kan jy jou gemoed ligter maak en jou kreatiewe vermoëns bevorder deur tyd buite deur te bring.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dis ’n ideale dag om bande op ’n sosiale manier te hernieu met vriende en werkmaats. Kreatiwiteit is ook in die kollig, maar jy sal aanpasbaar moet wees om tred te hou met verrassings en veranderinge op die nippertjie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy sal vind jy kan baie doen om ’n gesinslid te help wat deur’n moeilike tyd gaan. Sit die oordeel eers opsy. Die belangrikste ding wat jy nou nodig het, is ’n oop en deernisvolle hart.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy is gretig om te kommunikeer terwyl jy idees met ander bespreek en stimulerende gesprekke en geselskap geniet. Jy sal ook diep, persoonlike skakeling verkies bo oppervlakkige geklets.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Venus in jou teken moet jy passievol wees en jou maat met ekstra ware liefde en sorg vertroetel. Enkellopendes, julle is op ? koketterige hoogtepunt, terwyl julle bewonderaars soos bye na ’n pot heuning lok.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is vandag op jou beste wat deernis en kreatiwiteit betref terwyl jy jouself deur middel van kuns uitdruk of iemand help wat in die nood is. As jy onbeantwoorde vrae het, laat jou intuïsie jou lei.