JOU DAG

Die volmaan is in die teken van die Waterdraer, dus moet jy iets uitdagends anders doen.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is soms voordelig om vas te byt wat ’n uitdagende mens of situasie betref. Ander kere is dit beter om eenvoudig te laat gaan. Die geheim is om te weet wat is wat.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme is sosiale skepsels en jou huidige portuurgroep is ietwat vloeibaar. Gedurende die volgende maand kan ’n vriendskap skielik eindig, terwyl ’n nuwe een op wonderlike, onverwagte nuwe wyses ontwikkel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Put jy alles moontlik uit die professionele moontlikhede om jou? Die volmaan verlig jou loopbaansone; streef daarna om ander te wys wat werklik in jou steek.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Moenie aanvaar jy weet wat ander mense op hierdie dolle volmaandag dink en voel nie – jy slaan die bal dalk heeltemal mis. As jy nie seker is van hul bedoelings nie, moet jy nie aarsel om ’n bietjie duidelikheid te vra nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy voel vandag dalk liggaamlik of geestelik onstabiel. Boonop kan ’n finansiële situasie of sakeaangeleentheid in ’n onverwagte rigting beweeg. Hou jou aanpasbaarheidspiere behoorlik gebult.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Verbonde Katte, is daar ’n toutrekkery tussen jou en jou maat? Wil jy meer vryheid hê terwyl hy/sy meer betrokkenheid verlang? Die enigste bevredigende oplossing is om hom/haar halfpad tegemoet te kom.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Verwag vandag die onverwagte, veral wat persoonlike projekte, kollegas of huishoudelike sake betref. Hoe meer jy sake probeer beheer, hoe meer chaoties gaan die dag wees.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy soek stabiliteit, maar dit is die laaste ding wat jy tans van geliefdes gaan kry. ’n Verwagting, droom of wens is ook onseker terwyl jy by snelveranderende omstandighede aanpas.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Verwag spanning tussen jou professionele en persoonlike lewe, terwyl jy ’n balans probeer handhaaf tussen verantwoordelikhede en gesinsake en almal gelukkig probeer hou. Markeer die pas en hou aan met glimlag.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die volmaan aktiveer jou kommunikasiesone, dus is jy gretig om in verbinding te kom met ’n wye verskeidenheid van mense. Streef ook daarna om jou verwagtings en ideale so groot, duidelik en mooi moontlik te maak.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy kan nie tans aan finansiële druk ontsnap nie. Ander mense kan jou aanraai om kanse te waag met jou geld, maar ’n versigtige en konserwatiewe Steenbok-benadering is die veiligste manier van doen.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die volmaan in die Waterdraer verhoog jou roekelose geaardheid, maar te veel haas kan tot ’n argument of ’n ongeluk lei, dus moet jy die pas markeer. Die sterre bevoordeel gesprekke oor gesamentlike finansies en gedeelde hulpbronne.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die volmaan stimuleer jou geestesone, dus moet jy gehaltetyd alleen deurbring. Mediteer, dink na en peins oor waarheen jy op pad is en waar jy al was.