Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Maak seker jy onderskei tussen feit en fiksie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy probeer om jou lewe so gestruktureerd moontlik te maak. Maar moenie te georganiseerd wees nie – laat ruimte vir spontane verrassings.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy voel rusteloos en roekeloos en sal dit nie verwelkom as ander jou voorsê wat om te doen nie. Probeer stoom afblaas deur die een of ander soort fisieke oefening te doen.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy sal maklik meegevoer word met onseker drome en skemas wat glad nie op die werklikheid gegrond is nie. Hou jou voete op die grond en hou jou oë oop vir kaf.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge kan vandag baie liggelowig wees. Net omdat iemand indrukwekkend klink, beteken dit nie hulle is eg nie. Moenie oorhaastig betrokke raak as jy dit later kan berou nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Bly op hoogte van die feite en los fantasie vir die flieks. ’n Diplomatiese benadering help jou om ’n kwaai geliefde te hanteer. Duidelike kommunikasie is die geheim vir harmonie in die huis.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Voel jy of jy op hete kole sit? Probeer vermy dit om vandag ingehok te wees, want dit sal jou net nog meer rusteloos laat voel. Maak seker van die fynskrif in geldtransaksies.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Moenie meer belowe as wat jy kan doen nie. Kyk enkellopende Maagde dalk deur ’n rooskleurige bril na ’n moontlike maat?

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

’n Huidige situasie is verwarrend, maar moenie toelaat dat dit jou morele radar van stryk bring nie. Moenie aandik nie. Wees 100% eerlik. Wees standvastig en betroubaar.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

As jy nie versigtig is nie, kan ’n onbetroubare vriend of twyfelagtige kennis jou mislei. Bly realisties en probeer om nie in onseker dagdrome verstrengel te raak nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Verwarring heers met Jupiter se ligging teenoor Neputuns. Sake by die huis en werk is in ’n vloeibare staat. Moenie langtermynbesluite neem tot ná die stof gaan lê het en sake duideliker is nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Kommunikeer versigtig, veral op sosiale media. Jy kan baie maklik die verkeerde boodskap oordra – dink dus twee keer voor jy ’n opmerking daarop sit.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Geld kan vandag maklik deur jou vingers glip en op die ou end het jy niks om daarvoor te wys nie. Bly weg van jou gunsteling-inkopieplekke.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy het baie drome en onrealistiese skemas. Moenie toelaat dat blinde optimisme jou in die moeilikheid laat beland nie. Hou verby as iets te goed klink om waar te wees.