Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

As jy vandag jou kop én hart gebruik, gaan dit ’n puik kombinasie wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dol daaroor om ander mense te help, maar jy kan soms ook baie oorheersend raak. Sukses gaan in 2017 sy opwagting maak – maar net met heelwat geduld, vasberadenheid en harde werk.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Dit is tyd vir Ramme om sosiaal te wees, die rondes te doen en in te skakel. Veral groepsaktiwiteite word bevoordeel. Maar moenie betrek word by ’n argument met ’n huismaat of kollega by die werk nie.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Kreatiwiteit en deernis loop vandag hoog, Bul, want jy weet intuïtief hoe ’n gesinslid, vriend of vriendin voel. Dit is ook tyd om jou verhoudings met oorsese kontakte op te knap.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Gesellige Tweeling – jy hoor graag die klank van die stemmetjie in jou binneste. Maar jy hoef nie aanhoudend te babbel om ’n punt te bewys nie. Vandag is een van daardie dae wanneer stilbly goud werd kan wees.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Dit is ’n goeie dag om naby aan en persoonlik met geliefdes te raak terwyl jy fokus op intieme verhoudings en daaraan werk om meer te gee en minder te neem. Gesamentlike kreatiewe en sake ondernemings trek ook voordeel.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Jou sonnige Leeu-glimlag het die vermoë om die gemoedere van mense om jou op te helder. Jy voel optimisties oor ’n huidige uitdaging. Pasop, want soms is daardie optimisme bloot nie realisties nie.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Is jy ongewoon subjektief oor ’n probleem? Om ’n oplossing te kry, moet jy jou kop en jou hart saam gebruik. Vertroetel ook jou kontakte in die plaaslike gemeenskap. Wie weet waartoe dit kan lei?

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Met jou kragplaneet, Venus, wat jou huishoudelike sone besoek, is die tyd perfek om die geselskap van familie en vriende by Casa Libra te geniet. Wees net op jou hoede met ’n wispelturige kollega.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Mik daarna om meer sensitief teenoor ’n familielid of buurman te wees. Beraadslaging is die wagwoord. Dit is ook tyd om onbesonne spandabelheid te verruil vir ernstige spaarpogings terwyl jy jou neseier vir die toekoms versigtig koester.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Soek kreatiewe maniere om jou kontantvloei ’n hupstoot te gee of begin in ’n nuwe, windmakerige werk. Uitvoerige netwerkvorming is noodsaaklik. Tans gaan dit nie oor wat jy weet nie, maar wie jy ken.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Venus flankeer tot 7 Desember deur jou teken. Mik dus daarna om die sjarmantste en mees hulpvaardige Steenbok te wees wat jy kan wees. As jy werk soek, maak seker jou klere skep ’n goeie indruk.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Moenie agteroor sit en wag dat jou lewe moet verander nie. Die dinamiese Mars storm tot 19 Desember deur jou teken. Jy moet dus proaktief raak om geleenthede te skep en nuwe uitdagings aan te pak.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Strewe na balans tussen op die hoogte bly met ou vriende en die aanknoop van opwindende nuwe verhoudings. Hoe meer jy die netwerk gebruik en uitreik, hoe meer sal jou wêreld op wonderlike maniere uitbrei.

© Joanne Madeline Moore