JOU DAG

Die maan is in die Kreef, dus sal sommige mense vandag ekstra buierig wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is uitbundig en geesdriftig. Gebruik die volgende jaar om ’n persoonlike projek te begin wat jou talente in opwindende nuwe rigtings sal stuur.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is in ’n vreemde bui en as jy nie oppas nie, gaan jy dinge deurmekaarkrap en teenstrydigheid veroorsaak. Gebruik liewer jou energie om jou liggaam met gesonde kos en ’n prettige vorm van oefening te troetel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is gretig om met eendersdenkende mense in jou gemeenskap te kommunikeer. Jy het baie talente om aan te bied, maar moenie inligting op sigwaarde aanvaar nie. Neem jou tyd en gaan eers die feite na.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die maan is in die Kreef en jy kan heelwat by jou buurman in die diereriem leer, soos om nie bang te wees om met jou gevoelens in aanraking te kom nie en om jou omgee- en deel-sy aan die wêreld te wys.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Voel dit vir jou asof jy gemanipuleer of misverstaan word? Kragtoertjies en skuldgevoel gaan jou nêrens bring nie. As jy vrese het, skraap die moed bymekaar en praat dinge op ’n eerlike, reguit manier uit.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Baie Leeus voel effens lusteloos – daar gebeur deesdae heelwat in jou lewe. Ruim tyd in vir alleen wees, sodat jy dinge kan stadiger vat, kalm word, jou batterye herlaai en met nuwe lewe besiel word.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Omring jy jou met familie en vriende wat jou doelwitte steun en jou drome aanmoedig? Bly vandag ver weg van mense wat negatief dink. Maak seker die mense rondom jou oefen ’n positiewe invloed uit.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Gesinskwessies speel vandag die hoofrol terwyl jy sukkel om jou pad in ’n huishoudelike mynveld te vind. Probeer om probleme op ’n proaktiewe en ekstra meelewende manier aan te pak.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As jy vandag probeer om geliefdes te manipuleer, gaan jy tweede kom. Slim Skerpioene sal nukkerigheid, sarkasme en woedeuitbarstings vir samewerking en koel kompromie verruil.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.- 21 Des.

Boogskutters is in die luim om tot die uiterste toe te fuif aangesien die sterre jul sosiale lewe ’n hupstoot gee. Jy sal egter ekstra tegemoetkomend moet wees teenoor ’n ontstelde kind, tiener of intieme vriend.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Verwag vandag konflik tussen verantwoordelikhede rakende jouself, jou werk en jou verhoudings. Kreatiewe projekte en verdere opleiding lyk gunstig terwyl jy bloot daarna streef om die beste Steenbok te wees wat jy kan wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy kan vandag ander mense met jou onvoorspelbare kaperjolle verras. Jy verlang na ongewone en opwindende ondervindings en as jy dit nie êrens anders kan kry nie, gaan jy dit in jou onmiddellike omgewing skep.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie vandag onvoorspelbaar optree ten opsigte van geld nie. As ’n vriend of familielid jou finansiële raad aanbied, moenie luister nie. Jy het op die oomblik niks minder as professionele leiding nodig nie.