JOU DAG

Jy het vandag goeie sterre om kreatief en deernisvol te wees. Jy help behoeftiges.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is betroubaar, ambisieus en het baie om te bied, maar dit kan voel of jy in ’n ou roetine vasgevang is. In 2016 moet jy projekte met hernieude selfvertroue afhandel, selfs al raak dit moeilik.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dis ’n goeie dag om daarop te fokus om jou romantiese verhouding te verbeter of ’n kreatiewe projek saam met jou maat aan te pak. Liefde met ’n kollega of kliënt is vir party enkellopende Ramme ’n moontlikheid.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die verband tussen Venus en Pluto vergroot jou begeerte vir kontak op ’n dieper vlak met geliefdes. Enkellopende Bulle moet oppervlakkighede vermy as hulle iemand spesiaals ontmoet. Dis tyd vir nabye kontak.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Saturnus spoor jou aan om hard aan ’n intieme verhouding te werk en verantwoordelikhede in ’n verhouding met ’n glimlag na te kom. Enkellopende Tweelinge kan blywende liefde vind by iemand wat emosioneel volwasse is.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Verwag ’n opwelling van kreatiwiteit terwyl Venus en Pluto jou vrugbare verbeelding stimuleer. Luister na jou intuïsie om vas te stel wat regtig in ’n naby verhouding aan die gang is.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Hoe kreatiewer jy tuis is, hoe beter. Vir enkellopende Leeus kan ’n verhouding wat blom skielik verdiep wanneer jy eindelik oopmaak en vir jou maat sê hoe jy regtig voel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die omstandighede is gunstig vir alle soorte navorsing terwyl Venus in jou studiesone is. Jy vermy oppervlakkige geselsies en verkies diep en betekenisvolle gesprekke met familie en vriende.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Daar is vandag ’n verband tussen jou heersende planeet, Venus, en Pluto. Probeer baie passievol teenoor jou maat wees. Enkellopendes kan by ’n vryerige Ram of ’n moderne Waterdraer liefde vind.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Romanse is onafwendbaar met die planete wat jou liefdeslewe stimuleer. Party sentimentele en dapper Skerpioene voel dalk verplig om weer in ’n ou romanse betrokke te raak.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jou sukses sal afhang van hoeveel energie jy vir geld- en sake-aangeleenthede het en hoe gefokus jy is. Jy sal navorsing moet doen en besonderhede versigtig moet kontrolleer.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vriendskappe is vandag baie belangrik en jy verinnig jou konneksie met ’n spesiale vriend of ervaar ’n déjà vu-oomblik wanneer jy iemand die “eerste keer” ontmoet.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jou dag sal beter of slegter wees na gelang van hoe kreatief jy by die werk is. Jy sal nuttig voel as jy na die mense om jou uitreik. Die omstandighede is ook goed vir naby vriendskappe.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die maan en Neptunus wat naby aan mekaar beweeg plaas die fokus op jou romantiese, kreatiewe en geestelike kant. Dit benadruk ook jou geneigdheid om feit en fiksie met mekaar te verwar. Probeer dus om jou voete op die grond te hou.