Hier is wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Kreatiwiteit en deernis is vandag in die kollig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is prakties sowel as verbeeldingryk. Die volgende 12 maande is die tyd om die balans tussen professionele projekte en verhoudingsverantwoordelikhede reg te kry.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Wees vandag versigtig hoe jy kommunikeer, anders kan jy dinge ingewikkeld maak en misverstaan word. Hoe meer energie jy in intieme verhoudings stort, hoe meer gaan hulle skitter en skyn.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Lei ’n vriend of kennis jou op die breë weg na Bul-moeilikheid? Hou vandag ’n verstandige kop op jou stewige beesskouers. Wees ekstrageduldig wat verhoudings betref.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Kommunikasie en gesprekvoering is vandag in die kollig terwyl jy dit geniet om op die hoogte van sake te kom met ’n spesiale mens. ’n Kollega of intieme vriend kan jou verwar deur ’n verstommende skuif te maak.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Mik daarna om die balans tussen jou persoonlike en professionele lewe reg te kry. Maak ook seker dat jy effektief met kollegas, kliënte en kopers kommunikeer sodat misverstande minimaal is.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Is jy onder die indruk dat jou bankbalans meer floreer as wat dit werklik is? Maak seker jou planne is finansieel realisties en volhoubaar. As jy twyfel, kry professionele raad.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Dink jy dat jy jou maat werklik verstaan? En aanvaar jy verantwoordelikheid vir jou deel van enige probleme wat julle ervaar? Enkellopende Maagde, soek ’n maat wat kreatief en deernisvol is.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Stel jy nuwe projekte uit tot alles vir jou duidelik is? As jy vir die perfekte omstandighede wag, gaan jy vir ewig wag. Met Jupiter in jou teken, moet jy net diep asem skep en spring!

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Wat jy wil hê en wat ’n vriend of gesinslid nodig het, kan vandag twee baie verskillende dinge wees. Jy sal dus op ’n kreatiewe manier jou verwagtings moet aanpas om die huidige situasie te akkommodeer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

As jy na ’n fantasiewêreld ontsnap, gaan probleme nie op toweragtige wyse verdwyn nie. Kry kreatiewe oplossings vir jou uitdagings. Wat gesondheid en welsyn betref, moet jy ook meer proaktief wees.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Moenie vandag aanneem jy weet wat ander mense dink nie, Steenbok. Jy kan reg wees, maar jy kan ook die pot heeltemal mis sit. Wees dus versigtig en gebruik jou tyd om dubbel seker te maak.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Die newelagtige Neptunus veroorsaak steeds effense verwarring in jou geldsone. As jy verstandig is, sal jy professionele raad kry voor jy enige groot geldskuiwe maak.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Kreatiewe en geestelike strewes trek vandag voordeel. Maar Neptunus kan ook ’n sensitiewe gestel ontwrig of allergiese reaksies veroorsaak. Vermy dus kos, drankies en alkohol wat nie met jou akkordeer nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017