JOU DAG

Kreatiwiteit en meelewendheid is vandag in die kollig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is skerpsinnig en suksesgeoriënteerd. Gebruik die volgende 12 maande om die verhouding tussen professionele projekte en verhoudingsverantwoordelikhede reg te kry.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie vandag net aanneem jy weet wat ander mense dink of voel nie; jy kan die bal heeltemal mis slaan. Wat jy te sê het, is nie noodwendig wat ander mense wil hoor nie, so maak eerder dubbeld seker.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Lei ’n vriend/in jou op die breë pad na Bul-moeilikheid? Hê vandag ’n verstandige kop op jou sterk beesskouers. As jy op soek is na liefde, sal jy geduldig moet wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Streef daarna om die balans tussen jou persoonlike en professionele lewe reg te kry. Maak ook seker jy kommunikeer duidelik en kreatief met familie en kollegas om misverstande te beperk.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Probleme gaan beslis nie met ’n towerslag verdwyn nie. Vind kreatiewe oplossings vir huidige probleme. En wat gesondheidsake betref: Moenie jou kop in die sand steek nie.

LEEU 24 Jul-23 Aug.

Verbeel jy jou dat jou bankbalans beter vlot as wat werklik die geval is? Maak seker jou finansiële planne is realisties en volhoubaar. As jy twyfel, kry professionele advies.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Dink jy jy verstaan jou maat reg? En aanvaar jy verantwoordelikheid vir jou aandeel in jul probleme? Enkellopendes, soek ’n kreatiewe, meelewende maat.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Die kollig val vandag op kommunikasie en gesprekvoering, aangesien jy dit geniet om op die hoogte te kom met ’n spesiale iemand se nuus. ’n Ongewone skuif deur ’n kollega of geliefde kan jou verwar.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Wat jy wil hê en wat ’n vriend of familielid nodig het, kan vandag twee totaal verskillende dinge wees. Jy gaan dus dalk ter wille van sy/haar huidige situasie jou verwagtinge moet aanpas.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Stel jy uit om projekte aan te pak tot dinge agtermekaar is? As jy vir die volmaakte omstandighede wag, gaan jy vir ewig wag. Saturnus is in jou teken, dus moet jy dinge een stadige tree op ’n slag neem.

STEENBOK 22 Des.-22 Jan.

Let op hoe jy kommunikeer, Steenbok, anders kan jy te veel sê en verkeerd verstaan word. Hoe meer energie jy aan intieme verhoudings bestee, hoe meer sal hulle skitter.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Neptunus veroorsaak verwarring in jou geldsone, dus is daar ’n kans dat jy mislei sal word. As jy verstandig is, sal jy professionele advies inwin voor jy groot geldskuiwe maak.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Kreatiewe en spirituele aktiwiteite word vandag bevoordeel. Vermy egter kos, drank en alkohol wat nie met jou akkordeer nie, aangesien die aspekte van Neptunus sensitiwiteit kan verhoog of allergiese reaksies kan aanwakker.