aqua-hg-w

JOU DAG

Streef daarna om tussen feit en fiksie te onderskei.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n spontane streep. Julie en September is die beste maande om by ’n afspraakwebtuiste aan te sluit, verlief te raak, te trou of om jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Venus en Mars besoek albei jou teken; daarom straal jy tans charisma uit. Jou sjarme lok ander mense na jou kring van invloed.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die son en Mercurius besoek albei jou loopbaansone. Dit is dus tyd vir nabye kommunikasie met kollegas terwyl jy kreatiewe nuwe maniere vind om jou professionele boodskap hard en duidelik oor te dra.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Daar is ’n baie dun lyn tussen slim besluite teen die spoed van wit lig neem en die maak van impulsiewe skuiwe wat jou in die sop kan laat beland. Probeer spontaan eerder as domonnosel wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vandag se sterre moedig jou aan om gehaltetyd saam met familie en vriende deur te bring. Dis maklik om op verskillende maniere in aanraking te bly. Moet egter nie te baasspelerig wees teenoor ’n kollega of klant nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Matigheid en beraadslaging is nodig. As jy te veeleisend is, gaan dit net tot daardie titseltjie te veel wrywing lei. Jy gaan ’n verrassend goeie dag beleef as jy geduldig na ander mense se menings luister.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

As jy dinge op sigwaarde aanvaar, kan jy later uitvind jy het jou misgis. Op lang termyn gaan jy hope tyd spaar as jy baie meer uitgeslape is en die nodige navorsingswerk doen.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Vermy die versoeking om jou begroting met ’n spontane kooptog te oorskry. Jupiter blaas jou spandabel streep aan en die maan plaas jou in die luim vir duur geriefsinkopies.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Wat ’n kind, tiener of vriend/in betref, is alles nie soos dit lyk nie. Hou dit in gedagte wanneer jy die saak benader. Enkellopendes kan ’n skielike aantrekkingskrag ondervind teenoor iemand wat met werk verbind word.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Hoe meer proaktief jy is, hoe beter gaan die dag verloop. Jy is gretig om deur die sosiale media te kommunikeer en e-pos, plaas boodskappe, stuur selfoonboodskappe of twiet. Maar stuur jy nie dalk ’n dubbelsinnige boodskap uit nie?

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die meeste Steenbokke waardeer nie verrassings nie; jy is geprogrammeer om voor te berei en take presies en deurdag af te handel. ’n Skielike besluit van ’n gesinslid kan jou ontstel.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Kommunikasie en samewerking is die sleutel. Hoe meer jy idees met ander mense bespreek, hoe meer sal jou wêreld uitbrei. Vind ook kreatiewe maniere om ’n bydrae tot jou gemeenskap te maak.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Werk bly uitdagend. Energie en geesdrif alleen gaan nie ander mense oorhaal nie; harde werk gaan hulle beïndruk. Sit dus jou skouer aan die wiel en druk deur met die taak.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017