Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se sterre dui op ’n kreatiewe, maar verwarrende dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie gemotiveerd en wil graag dinge gedoen kry. Hou jou stresvlakke in 2017 dop en moenie jouself afsonder van familie en vriende nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is gesellige geselskap – as jy in die regte bui is. Met die joviale Jupiter wat in jou verhoudingsone is, is dit tyd om ander mense met jou lewendige geselskap en avontuurlustige benadering te betower.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Daar word vandag klem gelê op tyd wat jy by kinders, kollegas of vriende kan deurbring, Bulle. Verwag ’n effense verwarring op die pad daarheen. Fokus op die dinge wat julle in gemeen het.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

As jy verwag dat projekte vandag teen ’n flukse pas moet vorder, gaan jy effens teleurgesteld wees. Alles gaan langer neem as wat jy verwag . . . met heelwat ompaaie langs die pad.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wat huidige werk of opvoedingskwessies betref: Hoe meer kreatief jou benadering is, hoe beter. Dit gaan egter vandag verwarrend wees om met ander mense te kommunikeer, Krewe, dus moet julle probeer om duidelik en bondig te praat.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vandag is die dag om ’n kreatiewe kat te wees terwyl jy na internasionale vriende of ver plekke kyk vir nog inspirasie. Moet net nie belangrike finansiële besluite neem voordat jy helder daaroor dink nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Alles is nie vandag soos wat dit voorkom nie en jy kan vaag en deurmekaar voel. As iemand jou iets vertel wat nie reg klink nie, maak seker dat jy alles nagaan wat nodig is voordat jy reageer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verbonde Weegskale – dit is tyd om iets onverwags saam met jou maat te doen. Betower hom/haar met ’n wonderlike verrassing. Wat sommige enkellopendes betref – ware liefde wag waar jy dit die minste verwag.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy gaan gou verveeld raak met jou gewone roetine, dus moet jy jou dag opkikker met ’n paar opwindende blaaskansies tussen-in. ’n Vriend of familielid kan jou teleurstel met sy/haar gebrek aan toewyding.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is gretig om in te storm en ’n frustrerende gesinsprobleem op te los – maar is dit verstandig om dit te doen? Deurdink dinge eers en maak seker dat jy nie ’n sensitiewe situasie uit oorhaastigheid vererger nie!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Spontane benadering werk goed met ’n familielid, maar as jy aanlyn kommunikeer, sal jy baie meer subtiel moet wees. ’n Huidige situasie is dalk nie so eenvoudig soos wat dit voorkom nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Moenie vandag belangrike geldskuiwe maak nie, want Neptunus en die terugbewegende Mercurius krap jou fanansiële antenna deurmekaar. As jy in ’n groepprojek betrokke is, sal jy nog meer geduldig moet wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis ’n puik dag om dinge kreatief na te jaag, maar nie so goed om die koue, harde feite op ’n verstandige wyse te hanteer nie. Visse kan dus hul verbeeldingryke sy benut. Maar los praktiese projekte vir ’n ander tyd.

© Joanne Madeline Moore