JOU DAG

Probeer om vandag op ’n diep, emosionele vlak ’n verbintenis met ander te bewerkstellig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is mal daaroor om die wêreld om jou te ontdek. In 2016 moet jy dapperheid en avontuurlustigheid met kalmheid en samewerking balanseer.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die Ram voel rusteloos, maar moenie toelaat dat jou onvoorspelbare buie jou van jou gesinslede en vriende vervreem nie. Kalm samewerking en oorweging sal jou heelwat verder bring as opvlieëndheid en vuurwerke!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Openlike kommunikasie en vriendelike gesprekke is die sleutels tot ’n bevredigende dag. ’n Kind of tiener kan dalk probeer om emosionele reaksie uit jou te kry, maar moenie hulle probeer terugkry nie. Straal liewer sjarme uit.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Probeer om nie uit te stel nie. Vestig jou aandag op daaglikse roetinetakies wat afgehandel moet word. Dan sal jy aan die einde van die dag tyd hê vir kuier, sport, stokperdjies of kreatiewe projekte.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dit sal jou nêrens bring om jou op te werk en ander vir jou probleme te blameer nie. Verstadig die pas en gee jouself tyd en ruimte om sake vanuit ’n duideliker perspektief te beskou.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met Mars wat deur jou geldsonde beweeg, moet jy die versoeking weerstaan om geld te verkwis. Jy sal jou huidige geldsituasie duideliker kan beskou as jy met ’n geldslim familielid daaroor praat.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jou persoonlike begeertes en verantwoordelikhede in ’n verhouding verskil dalk, veral wat gesamentlike geldsake betref. Probeer om die balans tussen gee en neem reg te kry.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy moet dalk vandag die kalm stem van rede in ’n ongemaklike situasie wees. Span jou natuurlike diplomasie in om kalmte te bewerkstellig.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie probeer raai in watter bui ’n kind, tiener of vriend is nie. Wees dapper genoeg om te vra as jy ’n idee wil hê hoe hulle voel. Weerstaan die drang om besitlik of jaloers te wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy het reuse-doelwitte vir die toekoms, maar het jy geliefdes by jou planne ingesluit? Maak seker jy hou hulle in gedagte – veral as gesamentlike geldsake daarvan deel is.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Werk jy aan profesionele projekte ten koste van ’n naby verhouding? As jy te veel tyd aan werk bestee, sal jy ’n ontevrede maat of vriend moet hanteer.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Hoe meer jy kollegas aanmoedig en ondersteun, hoe beter sal jou werkomgewing wees. Is jy op soek na werk? Probeer om werksgeleenthede raak te sien voor hulle geadverteer word.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Met Venus, Mars en Jupiter in jou vennootskapsone moet jy probeer om meer deernisvol en grootmoedig teenoor geliefdes te wees. Probeer om ’n huidige situasie vanuit verskeie hoeke te beskou.