JOU DAG

Uitdagende son/Saturnus-aspekte sorg vir ’n ernstige dag, met min plek vir ligsinnige pret.


AS JY VANDAG VERJAAR
Ander mense waardeer jou sjarme. Met die haastige Mars tot 20 Julie in jou geldsone, moet jy die drang weerstaan om impulsief met kontant en krediet te werk.


RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Jy kan ’n moeilike dag verwag, terwyl Saturnus kommunikasie en reisplanne dwarsboom. Hoe meer georganiseerd en verantwoordelik jy raak, hoe minder stresvol sal die dag wees. Wees versigtig wanneer jy bestuur.


BUL, 21 Apr.-21 Mei
Moenie familie en vriende of die tekort aan geld blameer vir jou huidige penarie nie. En moenie jouself inloop nie. Die enigste mens wat moontlik vandag jou planne kan kelder, is jyself.


TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Wat verhoudings betref: Doen ander mense al die geewerk terwyl jy al die praatwerk doen? Dit is tyd om balans en regverdigheid terug te plaas in verhoudings met geliefdes.


KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Moenie ’n TV-slaaf wees nie. Hoe meer gedissiplineerd jy oor jou liggaamlike fiksheid en gesondheid raak, hoe beter gaan die toekoms wees. Voedsame kos en gereelde oefening is ’n goeie wegspringplek.


LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
As jy ’n wilde sosiale dag verwag, vergeet daarvan. Praterige Leeus kan dalk alleen voel omdat vriende hul eie probleme het en kommunikasie op die een of ander manier versper word.


MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Dit gaan moeilik wees om vandag huis- en werkverantwoordelikhede te balanseer terwyl professionele projekte huishoudelike harmonie kan laat ontspoor. Mik daarna om buigsaam en vergewensgesind, eerder as puntenerig en veeleisend te wees.


WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Woon jy in Weegskaal-fantasieland? Saturnus stuur vandag vir jou ’n openbaring, veral wat kommunikasie of opvoeding betref. Kry jou kop uit die wolke en raak georganiseerd.


SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Geldsake bly vandag in jou gedagtes. Hoe deegliker en meer gedissiplineerd jy met jou finansies is, hoe beter gaan die resultate wees. Moet egter nie wonderwerke oornag verwag nie.


BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Verhoudings met ’n geliefde kan vandag ietwat weerspannig raak. Jy het sekere verwagtings, maar hulle het ander idees. Hoe meer dogmaties jy raak, hoe moeiliker gaan die dag vir jou wees.


STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Dit is ’n goeie dag om ’n uitdagende individuele projek aan te pak wat jy op die agtergrond geskuif het. Ander mense gaan besig en verwyderd wees. Maak tyd om met jouself te kommunikeer.


WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 
Effense wrywing kan in ’n intieme verhouding voorkom. Persoonlike behoeftes kan in konflik kom met verhoudingsverantwoordelikhede. Hoe meer onbeweeglik jy bly wat jou verwagtings betref, hoe meer onseker sal jy word.


VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Professionele druk verhoog. Werk of eksterne kwessies kan jou van die huis en gesin wegneem. Dit is tyd vir ’n werklikheidstoets. Huishoudelike harmonie kan nie elke dag volhou word nie.


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017