Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die sterre belig vriendelikheid en barmhartigheid terwyl jy iemand in nood help.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het heelwat om te bied om jy sosiaal ingestel en gewild is. Jy kan egter ook onrealisties wees. Selfs al raak dinge moeilik, is 2017 die jaar om projekte met selfvertroue te voltooi.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Wat ’n frustrerende huishoudelike probleem of gesinsaak betref, moet jy jou intuïsie gebruik om ’n bevredigende oplossing te kry. Die stemmetjie in jou binneste sal jou vandag in die regte rigting lei.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dit is ’n wonderlike dag om te konsentreer op die verbetering van jou verhouding met ’n intieme vriend, buurman of kollega. Vir sommige gelukkige enkellopende Bulle is die moontlikheid van ’n romanse met ’n oulike kollega of klant groot.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Hoe meer energie en fokus jy in finansiële en sake-aangeleenthede stort, hoe meer sukses sal jy behaal. Jy moet egter ook jou huiswerk doen en eers al die fyner besonderhede deeglik nagaan.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Verwag ’n opwelling van kreatiwiteit; die maan en Neptunus stimuleer jou vrugbare verbeelding. Wat intieme verhoudings betref, moet jy jou intuïsie gebruik om uit te werk wat presies aan die gang is.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Vriendskappe is vandag baie belangrik. Jy kan jou verhouding met ’n spesiale vriend verdiep of dalk déjà vu ervaar wanneer jy iemand “vir die eerste keer” ontmoet.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die maan staan tenoor jou kragplaneet, Mercurius. Wees dus baie versigtig wat jy vandag kwytraak. Soos die skrywer Rudyard Kipling ons herinner: “Woorde is die sterkste dwelm wat die mens gebruik.”

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Gaan ’n kollega of medestudent deur ’n moeilike tyd? Jou vriendelikheid en diplomatiese benadering kan vandag benodig word terwyl jy uitreik of ’n skouer bied om op te huil.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Probeer om nie by ingewikkelde magspeletjies betrek te word wanneer jy met ander kommunikeer nie. Sommige sentimentele – en dapper – Skerpioene – kan verplig voel om ’n ou verhouding op te soek.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Hoe kreatiewer jy tuis raak, hoe beter. Enkellopende Boogskutters: ’n Ontluikende verhouding kan skielik verdiep terwyl jy jou hart eindelik oopmaak en iemand sê hoe jy regtig voel.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die maan/Neptunus-skakel verhoog jou behoefte om met meer deernis met geliefdes en bure kontak te maak. Is dit dalk ook tyd om ’n behoeftige mens in jou plaaslike gemeenskap te help?

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Hoe kreatiewer jy by die werk raak, hoe beter gaan die dag verloop. En hoe meer jy na die mense om jou uitreik en hulle help, hoe nuttiger gaan jy voel. Vriendskappe met kollegas word veral bevoordeel.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die maan verbind met Neptunus en dit lig jou romantiese, kreatiewe en spirituele sy uit. Dit beklemtoon egter ook jou neiging om feite en fantasie te meng. Probeer jou voete plat op die aarde hou.

© Joanne Madeline Moore