JOU DAG

Mercurius in die Leeu bevoordeel kunstige uitdrukking en kreatiewe kommunikasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Saturnus beweeg deur jou werksone; dus moet jy in die komende 12 maande by die werk meer konsekwent en volhardend wees. Enkellopendes – liefde en geld hou met mekaar verband.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Mercurius beweeg jou onthaalsone binne; dus is dit tyd dat jy ’n ou stokperdjie weer opneem of met ’n nuwe begin. Geniet ook lewendige gesprekke met ’n kind, tiener of hegte vriend(in).

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die sterre beklemtoon bestendige gesprekvoering en kreatiewe kommunikasie terwyl jy die geselskap van familie en vriende geniet. Ruim tyd in om uit te vind wat ’n geliefde werklik deurmaak.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge is in die luim om te gesels! Mercurius beweeg deur jul kommunikasiesone; dus is julle gretig om jul idees te verwoord en hope stimulerende gesprekke met interessante mense aan te knoop.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jou wenslysie is heelwat langer as jou huidige banksaldo; dus is daar ’n neiging om te veel geld uit te gee. Mercurius moedig jou aan om meer geldslim te raak. Onthou, kennis is mag.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die maan beweeg deur jou tuistesone; dus moet jy baie tyd inruim om saam met geliefdes deur te bring. Jy het heelwat op die hart, maar onderdruk die drang om veroordelend en dogmaties te wees wat jou menings betref.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie alte onbuigsaam raak in jou benadering deur te glo daar is net een manier om jou doelwitte te bereik nie. Daar is baie paaie wat lei na sukses en een van jou sterkste punte is jou Maagdelike veelsydigheid.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Mercurius sluit by Venus aan in jou netwerksone; dus moet jy jou portuurgroep uitbrei ten einde ’n stimulerende en kreatiewe nuwe groep in te sluit. Gebruik ook jou intuïsie om ’n probleem by die werk op te los.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die planete gee jou ’n kragstuwing wat jou loopbaan betref, maar moenie dit oordoen nie! Jy is vol vertroue oor jou vaardighede, maar dit moet getemper word met ’n tikkie nederigheid en die wil om te leer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mercurius beweeg deur jou reissone; dus is dit tyd dat jy met jou oorsese verbindings kommunikeer. As jy jou Boogskutter-sjarme aandraai, sal jy nuttige langtermynkontakte ontdek.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke in ’n verhouding – openhartige besprekings met jul maat sal tot ’n baie nodige professionele of persoonlike deurbraak lei. Enkellopendes – julle sal proaktief moet wees as julle liefde soek.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Mercurius is in jou verhoudingsone; dus sal jy al beter voel, hoe meer jy met geliefdes kommunikeer. Moenie alte onafhanklik wees nie – as jy hulp nodig het, moet jy nie aarsel om uit te reik en te vra nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Venus en Mercurius stimuleer jou werksone; dus moet jy daarna streef om meer kreatief, mededeelsaam en geesdriftig by die werk te wees. As jy verlangsaam en stagneer, gaan jy eenvoudig agtergelaat word.