JOU DAG

Benut vandag se goeie astrologiese energie ten volle.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou leuse vir vanjaar kom van die teoloog/filosoof Albert Schweizer: “Nes die son ys laat smelt, laat goedhartigheid misverstande, wantroue en vyandigheid verdamp.”

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Daar is fyn onderskeid tussen die skielike neem van intelligente besluite en om impulsiewe skuiwe te maak wat jou in die pekel laat beland. Mik dus daarna om spontaan pleks van dom te wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dis die volmaakte dag om vriendskappe te verstewig en familieverhoudings op opbouende en vindingryke maniere te vertroetel. Die krag van jou verbeelding kan jou na opwindende nuwe plekke lei.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Tweeling, vandag word allerhande soorte huishoudelike sake bevoordeel, aangesien die jolige Jupiter optimistiese en hartlike gevoelens tussen familielede versterk. Put die meeste voordeel daaruit solank dit hou!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Kommunikasie met ander – persoonlik en per sosiale media – behoort pret te wees, aangesien Jupiter gemoedere ophelder en ’n bietjie humor daarby voeg. Reis en opleiding word ook bevoordeel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Sonnige Leo, reis, studie en stimulerende gesprekke word almal uitgelig, terwyl jy sprankel sodat almal dit kan sien. Maar moenie meegevoer raak en te veel beloftes aan te veel mense doen nie!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Gunstig ten opsigte van vriendskappe. Maar – met Mercurius wat steeds terugbeweeg – moet jy oppas dat jy en ’n kind, ’n tiener of ’n geliefde nie mekaar verkeerd verstaan nie. As jy twyfel, maak seker – en maak dubbel seker!

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Jy wil graag aangename ure saam met familie en vriende deurbring. Beheer jou tempo, anders gaan jy aan die einde van die week uitgeput wees! En weerstaan die versoeking om spandabel met kontant en roekeloos met krediet te wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Alle soorte sosiale media word beveoordeel, maar onthou dat Mercurius steeds terugbeweeg deur jou kommunikasiesone; maak dus seker dat jy alle boodskappe en plasings twee keer nagaan voor jy dit stuur.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

As jy jou kaarte reg speel, gaan dit ’n aangename dag by die werk wees. Steeds met vakansie? Dis die ideale tyd om saam met familie, vriende en kollegas deur te bring terwyl jy die vakansiestemming uitrek.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

As jy in ’n leiersposisie is, streef daarna om die regte balans te handhaaf tussen die baas te wees en ander hul vryheid te gun om hul eie weg te vind. Koel Steenbok-kompromie is die wagwoord.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Gaan alle inligting wat jy kry, twee keer na, veral waar geld betrokke is. Anders kan Neptunus jou sake deurmekaarkrap en misverstande veroorsaak wat jou dag sal bederf.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die geluk is vandag aan jou kant, aangesien die planete romantiese en platoniese verhoudings seën – en sommige Visse gaan ’n gelukkie raakloop danksy ’n spesiale vriend of vriendin op sosiale media.