JOU DAG

Kry jou gedagtes aan die rol – daar is altyd iets nuuts om te leer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n kragtige en oortuigende persoonlikheid. Die volgende 12 maande is die tyd om jou kreatiewe sy te ontdek en te ontwikkel, veral by die werk.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Met dié dat Venus jou teken tot 30 April besoek, is dit nou tyd om jouself kreatief uit te druk, ongeag of dit deur skryf, skilder, fotografie, toneelspel, sang, dans of musiek is.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Benut jul energie vandag terwyl jy deur projekte stoom en los drade knoop. Mercurius en Jupiter gee jou ’n welkome hupstoot; gebruik dus die kragopwelling solank dit beskikbaar is.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou verbeelding is vandag op hol, Tweeling, terwyl jy met wonderlike idees vorendag kom of sommer net dagdroom. Dit is dus ’n wonderlike tyd om te werk aan ’n kuns-, kreatiewe of musiekprojek.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As iets jou die afgelope tyd gepla het, maak jou hart oop en praat vandag oor hoe jy regtig voel. Die kans is minder dat jy uitermate emosioneel sal raak en jy sal meer geneig wees om reguit en eerlik te praat.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die tyd is nou geleë vir spraaksame Leeus om te gesels, SMS’e te stuur, te twiet en sosiaal te verkeer. Maak gerus aanlyn kontak met ’n stimulerende nuwe groep mense. Reis, avontuur en opleiding is ook hoog op die agenda.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jupiter gee jou selfvertroue ’n hupstoot, terwyl jy nuwe moontlikhede verken en jou drome navolg. Belê energie in persoonlike projekte, maar laat geliefdes weet dat jy steeds deel is van die span.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Met dié dat Venus, die vredemaker, jou verhoudingsone besoek, sal jou verhoudings ál meer vreugdevol raak hoe meer jy met geliefdes saamwerk. Kommunikasie en intieme beraadslaging is die wagwoorde.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Gee jy dalk geld vinniger uit as wat jou gemaklik laat voel met dié dat die impulsiewe Mars en die spaarsame Saturnus albei deur jou geldsone reis? Doen ’n bestekopname en steek ’n stokkie voor jou spandabelheid.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is op jou gesellige beste vandag, aangesien Mercurius en Jupiter jou energie aanjaag en jou werksones vonk gee. Dit is dus nou die regte tyd om ander te betower met jou slim geselsies en blitsige brein.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jou gesinslewe lyk vandag besig en lawaaierig, met heelparty mense wat kom en gaan. Probeer ’n bietjie tyd afstaan om op ’n stil en rustige plekkie na te dink oor ’n huidige probleem.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Vandag se voordelige sterre sal jou help om verbeeldingryke idees te verander in produktiewe projekte. Hoe meer jy die kreatiewe met die praktiese kombineer, hoe beter sal die resultate op lang termyn wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Visse maak soms te veel staat op die mening en hulp van ander. Die huidige sterpatrone moedig jou aan om meer onafhanklik, proaktief, selfversorgend, avontuurlustig en eksperimenteel te wees.