JOU DAG

Vandag gaan jy maklik jou mond verbypraat en ’n flater begaan. Plaas ’n wag voor jou mond.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy streef na sukses. As jy in 2017 goeie welslae wil behaal, probeer minder krities en meer kreatief raak. Romanse en liefde sal in Februarie na vore kom.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Woorde kan soms soos ’n mes sny. Dit gaan maklik wees om iets verkeerds vir die verkeerde mens op die verkeerde tyd te sê. Dink voor jy praat en kies vandag – en vanaand – jou woorde wys.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Met die vredeliewende Venus wat jou vriendskapsone besoek, kom jou motto op die oomblik van die skrywer Robert Louis Stevenson: “Om toegewings te maak is die beste en goedkoopste prokureur.”

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is gefrustreer deur sommige mense se gebrek aan spoed en motivering, maar vandag is nie die dag om hulle daarop te wys nie. Maak kontak met vriende wat op oplossings fokus en bly positief.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Heelwat onvoltooide takies wag by die huis; dis tyd om dit aan te pak. Wees versigtig as jy met ’n familielid kommunikeer aangesien ’n misverstand moontlik is.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

’n Intieme verhouding gaan vandag ingewikkeld raak. Oor die volgende 24 uur belemmer Mercurius kommunikasie terwyl Mars tot buierige oomblikke en vurige drama bydra.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die volgende twee dae is nie besonder geskik om met ingewikkelde geldsake te werk nie, aangesien Mercurius en Mars dinge moeilik maak om op belangrike besonderhede te fokus. Wees geduldig.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Hoe meer jy familielede of kollegas by jou daaglikse roetine betrek, hoe vinniger gaan dinge afgehandel word. Maak dubbel seker van alle afsprake, aangesien misverstande moontlik is.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Is jy ietwat onsensitief? Wat ’n vriend of kollega betref, probeer jou in hul skoene plaas. Jy sal insae kry in waardeur hulle moet gaan.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Verandering krap familieverhoudings deurmekaar. Hoe meer aanpasbaar jy is, hoe beter gaan jou dag verloop. Maak seker jy visualiseer idees in jou gedagtes voor jy ander mense daarvan vertel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Maak vandag of vanaand reg vir vurige debatte of ingewikkelde drama. Jy is gretig om veranderings aan te bring, maar moenie die weerstand onderskat wat sommige teenoor jou planne bied nie. Probeer diplomaties voortgaan.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is gretig om op te tree en die status quo te verander. Moenie net inspring en impulsief optree nie. Skakel in by jou innerlike stemmetjie – dit sal jou lei na die pad wat reg is vir jou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die planete skyn ’n kollig op ’n finansiële probleem en help jou om dinge uit ’n vars perspektief te sien. Vergroot jou kontantvloei deur met iemand saam te span en iets te doen wat julle albei geniet.

© Joanne Madeline Moore