JOU DAG

Verwag vandag kreatiwiteit en verwarring in gelyke hoeveelhede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou leuse vir die volgende 12 maande kom van jou bekende verjaarsdaggenoot Harrison Ford: “Ons almal ervaar groot veranderings in ons lewe wat eintlik ’n tweede kans beteken.”

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is in ’n bui om te gesels, maar luister enigiemand? Sit vandag tyd opsy om die dinge te doen waarvoor jy lief is, Ram. Haastige kommunikasie kan tot misverstande lei, hetsy persoonlik of aanlyn.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy het hope energie om na ’n belowende groepsaktiwiteit te kanaliseer. Maar ’n misverstand met ’n geliefde kan ontstaan oor wie wat besit. Streef daarna om minder besitlik en meer vrygewig te wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy wil graag jou moue oprol en jou talente ten toon stel, maar as jy alte tegemoetkomend is, sal mense oor jou loop. Staan dus jou man, Tweeling – op ’n kalm en selfbeheerste manier.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Kommunikasie met mense kan verwarrend wees; probeer dus vandag perspektief behou aangesien dit ’n vervlietende fase is. Kreatiewe projekte sal jou help om na ’n privaat wêreld van jou eie te ontsnap.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Met die sterre wat jou internasionale en portuurgroepsones aktiveer, moet jy seker maak jy geniet die buitelandse vriende en kennisse wat jy het. Trap versigtig met ’n kind of vriend wat krapperig voel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Hou vandag jou kop stewig vasgeskroef, Maagd, en moenie toelaat dat familie en vriende jou emosionele knoppies druk nie. Kanaliseer jou energie na uitdagende take en genotvolle werkprojekte.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy kan vandag dalk baie sentimenteel voel, terwyl aangename herinneringe aangewakker word. Jy wil ook graag die klein luukshede in die lewe geniet, maar dit nie oordryf en jou begroting knou nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Kreatiwiteit loop vandag hoog, terwyl jy verlore raak in ’n heerlike dagdroom. Jy kan egter ook iets misverstaan wat ’n kind, tiener of intieme vriend jou vertel. As jy twyfel, maak dubbel seker.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag se gerusstelling kom van die aanvaarding van jou eie – en geliefdes – se sterk en swak punte. As jy te erg krities is, sal dit net onnodige probleme met mense veroorsaak.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Neptunus krap vandag kommunikasie deurmekaar, Steenbok. Dink dinge dus deeglik deur; wees versigtig wat jy sê; vermy die neem van belangrike besluite; en vat jou tyd om alle afsprake dubbel na te gaan.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Sommige verhoudings vereis tans harde werk, terwyl ander meer toegeeflik is wat versuim van jou kant af betref. Misverstande is wel vandag hoogs moontlik, tensy jy tyd inruim om die feite agtermekaar te kry.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is tyd om jou oor te gee aan kreatiewe soeke, asook om ’n wenslysie van jou doelwitte op te stel. Jy kan dalk vandag die behoefte voel om iets van jou hart af te kry. Kies net jou vertroueling verstandig.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.