aries-hg-w

JOU DAG

Jy kan in die moeilikheid beland as jy iets oorhaastig besluit sonder om die besonderhede na te gaan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Danksy jou sterk wilskrag en uitgesprokenheid neem ander mense beslis kennis van jou. Met dissipline en ’n praktiese plan kan jy jou drome bewaarheid. Luister na wat die stemmetjie in jou binneste jou vertel.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Soos die dag vorder, gaan jy geïrriteerd voel terwyl Mars jou emosies aanwakker en jou kort van draad maak. Probeer irriterende mense en onderwerpe te vermy, want dit gaan moeilik wees om jou ware gevoelens weg te steek.

BUL 21 Apr.-21 Mei

As jy oorhaastig gevolgtrekkings maak, kan jy met ’n vriend of gesinslid stry kry. Duidelike kommunikasie sal die dag kommerloos en glad laat verloop.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Liefde en werk is ’n morsige mengsel. Jy voel dalk aangetrokke tot ’n kollega, klant of koper, maar moenie oorhaastig optree nie. Hoe ongeduldiger jy is, hoe moeiliker gaan die dag raak.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Baie Krewe gaan vandag beduiweld voel, want die planetêre patrone maak jou geïrriteerd en ongeduldig. Moenie op die ingewing van die oomblik haatlike dinge kwytraak wat jy later kan berou nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Moenie te veel goed in jou dag probeer indruk nie; jou energie gaan min wees en jy gaan gou geïrriteerd voel. Jy is nie jou gewone sonnige self nie, maar dit is ook goed so; selfs lewendige Leeus moet af en toe rus.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Kommunikasie met ’n geliefde gaan ingewikkeld raak terwyl jy diep onder die oppervlak delf om by die wortel van ’n emosiebelaaide kwessie uit te kom. Wat ’n finansiële saak betref, moet jy jou tyd neem.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jou diplomatieke vaardighede kan nodig raak, aangesien iemand naby aan jou moeilikheid soek. Tree in en speel vredemaker, maar pasop vir die kruisvuur.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy gaan vandag oppervlakkighede systap terwyl jy meer gemoeid raak met die dieper dinge in die lewe. Studies en navorsing word ook vandag bevoordeel, en jy voel lus om ’n geheim of twee te ontrafel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

As jy die eerste ding uitblaker wat in jou gedagtes opkom, gaan jy in die sop beland. Op die oomblik is dinge meer kompleks as wat dit lyk.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Hou jou kop vandag reg aangeskroef en moenie toelaat dat familie en vriende jou ontstig nie. Kanaliseer jou energie na toekomsdoelwitte wat studie of reis insluit.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Wees maar in jou pasoppens as jy vandag geliefdes afskeep. As dit voel of jy nie jou kant bring nie – romanties of in en om die huis – gaan hulle jou dit baie goed laat verstaan.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie jouself inloop deur oorhaastig te wees en belangrike besonderhede mis te kyk nie, veral by die werk. Jy voel ongelooflike rusteloos; maak seker jy sit tyd opsy vir oefening in die buitelug.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.