JOU DAG

Dis ’n wenkombinasie om vandag proaktief en positief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die diereriem se dag van sensuele charisma gebore en het ’n magnetise persoonlikheid. In 2016 moet jy dit ’n prioriteit maak om vriendelik en bedagsaam te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met Venus tot 5 Desember in jou verhoudingsone is die kortste pad na ’n hemelse, romantiese tyd om met jou maat vrede te maak. Party enkellopendes sal met die eerste oogopslag verlief raak.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Hou die kommunikasiekanale tussen jou en jou maat oop en moenie hulle as vanselfsprekend aanvaar nie. Enkellopende Bulle kan blywende liefde soek by ’n sterk Maagd of sensuele Skerpioen.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is in die bui vir pret en plesier. Beplanning en voorsorg is nodig sodat jy jou energie ten volle kan benut en lelike foute kan vermy.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die sterre moedig jou aan om die verhouding tussen tyd by die werk en tyd by die huis meer gebalanseerd – en meer gesinsvriendelik – te maak. Party Krewe is lus om dinge te versier of te herstel of kos te berei.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Fokus daarop om jou geldsake op kreatiewe, proaktiewe wyses ’n hupstoot te gee deur iets te doen waarvan jy hou. Dalk kan jy ’n aanlynwinkel begin, ander mentor of ’n klein besigheid van die huis af bedryf?

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Mars en Jupiter vermeerder jou selfvertroue en jy is ook gretig om in te spring en ander te help. Maar moenie by te veel dinge betrokke word en meer beloof as waarby jy kan uitkom nie.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy voel vrygewig. Met jou warmheid en vriendelikheid trek jy positiewe mense na jou aan. Behou jou plaaslike verbintenisse – wie weet waarheen dit mag lei?

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Het jy projekte uitgestel en moet so gou moontlik daaraan aandag skenk? Die sterre moedig jou aan om rus en ontspanning met dinamiese optrede te balanseer. Dink behoorlik oor sake voor jy optree.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Lekker geleentheid wat geld of werk betref, kan dalk binnekort na jou kant toe kom. Maar jy moet dit aangryp anders sal dit by jou verbygaan. Selfvertroue is die sleutel.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Het jou lewe te voorspelbaar geword? Dis tyd vir internasionale invloede en jy maak weer kontak met oorsese kennisse of beplan om binnekort met vakansie te gaan.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Dis tyd om te praat oor wat jou pla. Wees meer openlik oor hoe jy voel. Jou kollegas sal simpatiek wees. Moet dus nie bang wees om jou skanse te laat sak en jou gevoelens te openbaar nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Soek jy ’n langtermynmaat? Met Mars en Jupiter in jou verhoudingsone moet jy proaktief wees. As jy van iemand hou, sal jy dapper moet wees en die eerste skuif maak.