JOU DAG

Vandag word ’n fyn onderskeid getref tussen spontaan wees en roekeloos wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Probeer om nie oor die volgende 12 maande by ingewikkelde finansiële vennootskappe betrokke te raak nie, want alles kan dalk in ’n tranedal eindig. Enkellopende Bulle, liefde klop in Augustus aan die deur.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag gaan jy moontlik aangejaag, rusteloos of ontsteld voel. Koel af en kalmeer, Ramme! Probeer heelwat fisieke aktiwiteite verrig sodat jy jou vurige energie in die rigting van aangename en produktiewe dinge kan kanaliseer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Voel dit asof jou huishoudelike ruimte afgeskeep word en liefdeloos geraak het? Dit is die perfekte dag om vasgevang te raak in takies in en om die huis wat jy bly uitstel – soos kook, skoonmaak, uitsorteer of tuinmaak.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is vandag gretig om jou boodskap uit te dra, Tweeling, maar wees uiters versigtig en deurdink dinge eers goed, anders gaan jy met verwarrende en chaotiese kommunikasie sit!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die sterre veroorsaak ’n opskudding in jou finansiële sone . . . wat jou in ’n spandeerbui sit. Maar is dit regtig so ’n goeie idee? Dis tyd vir uitgeslape Krewe om ’n bietjie finansiële selfbeheersing te toon.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die maan beweeg deur jou teken en dit gee aan jou selfvertroue ’n baie nodige hupstoot terwyl jy met groot spronge vorentoe beweeg. Onthou net: Jy word slegs deur die grootte en omvang van jou drome beperk.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Daar is vandag ’n neiging om obsessies te kry oor gesinsprobleme en huishoudelike sake. Maar laat jou gedagtes gaan en soek slim langtermynoplossings eerder as om fout te soek.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As dit by hoop en drome, intieme vriendskappe en groepsaktiwiteite kom, probeer vandag proaktief en produktief raak. Ander mense gaan geïrriteerd raak as jy vol mooipraatjies bly sonder proaktiewe aksies.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy kry geluk via betrokkenheid by ’n groep, klub of organisasie terwyl jou portuurgroep uitbrei en jou sosiale kontakte meer raak. Maak dus seker jy gebruik dit tot jou eie voordeel, Skerpioen.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag gaan jy maklik verveeld raak, Boogskutter, dus moet jy seker maak jou tydrooster is gelaai met opwindende dinge om te doen. Deel ook ’n lekker buitemuurse aktiwiteit met ’n kind, tiener, intieme vriend of troeteldier.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Pligsgetroue Steenbokke is versot daarop om ’n professionele beeld uit te stuur. Hoe harder jy daaraan werk om jou sosiale netwerke en internasionale kontakte uit te brei, hoe meer gaan dit jou in die toekoms help.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die kans is goed dat jy vandag rusteloos en ontevrede gaan voel. Dus is dit ’n geskikte tyd om ernstig te kyk na jou doelwitte en aspirasies vir die toekoms. Miskien kort jou planne ’n bietjie ernstige aandag?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Pasop wat jy vir ’n familielid of buurman sê aangesien jy geneig is om die eerste ding wat in jou kop kom uit te blaker . . . en dan moet jy die res van die dag gebruik om verskoning te vra. Wees ook versigtig wat jy op die sosiale media plaas.